Personeelkamer Opening: 23. Wiskunde in die woestyn

23. groot

Hierdie is ons drie en twintigste Personeelkamer Opening.

Wiskunde in die woestyn

Een van die grootste wiskundige wonderwerke sentreer rondom Moses en die Israeliete.

In die woestyn moes die Israeliete kos kry, en hoe voed jy 3.5 miljoen mense?

Volgens die Kwartiermeester-Generaal van die Amerikaanse weermag het Moses omtrent 1500 ton kos daagliks nodig gehad.

‘n  6km Lange goederetrein sou nodig wees om die kos te vervoer.

Die kos moes gaargemaak word met houtvure en jy moet onthou, hulle was in die woestyn.

4000 Ton hout sou nodig wees per dag en weer ‘n paar goedere treine, elk amper 2 km lank, om die hout te vervoer.

Om te dink, hulle het 40 jaar in die woestyn getrek.

Wat van water?

Net genoeg vir drink en ‘n bietjie opwas, sou hulle 50 miljoen liter elke dag nodig gehad het, en ‘n goederetrein met tenkwaens, omtrent 19km lank, sou nodig wees om water te bring.

Daar was net ‘n paar putte in die woestyn.

HOE het hulle genoeg water gekry?

Nog ‘n ding!  Hulle moes oor die rooi see in een nag!

As hulle met ‘n nou paadjie, twee-twee, sou loop, sou die lyn 1280km lank wees en sou dit 35 dae en nagte neem om deur te gaan.

So daar moes ‘n pad deur die rooi see gewees het van amper 5 km breed sodat 5000 mense langs mekaar kon stap om in een nag deur te loop.

Nog ‘n probleem, elke nag moes gekamp word. ‘n Kampterrein van 1200 vk km was nodig, dit is 40 km breed en 48 km lank.

Toepassing:

Dink jy Moses het dit alles haarfyn uitgewerk voor die trek? Nee, hy was net ‘n gewone man met ‘n onwrikbare geloof in God. God sou sorg vir alles.

Kom,  skep moed, jy met al jou probleme. Raai wat? ….. ons dien dieselfde God! Hy het nog NOOIT verander nie, en as Hy al Moses se probleme kon oplos, sal Hy joune ook oplos. AL wat ons nodig het, is ‘n onwrikbare geloof in God.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

23. PERSONEELKAMER OPENING – Wiskunde in die woestyn

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s