Sondagskool Les 1: Reis deur die Bybel – Waar alles begin het

1. groot - 2b

 

 

 

 

Met grendeltyd wat nou na vlak 1 verlaag is, gaan baie van ons heel waarskynlik weer die voorreg hê om met ons Jeug en Kinderbedienings te begin. Hoe dit gaan lyk en werk sal net die tyd en die Here ons kan leer. Met die oog hierop ‘post’ ons van hierdie week af ons nuwe Sondagskool en Kinderkerk Lesreeks: Reis deur die Bybel.

Ons gaan nogsteeds die Grendeltyd WhatsApp kinderkerk lesse ‘post’ vir die ouers wat dit as deel van Huisgodsdiens gebruik.

Sondagskool Les:

Hierdie lesreeks is vir ons graad 7-12 EPIC Jeugsel groep geskryf, wat gewoonlik op ‘n Woensdagaand bymekaar gekom het. Ons het die voorreg gehad om die eerste ses lesse in die reeks met hulle te doen, voordat grendeltyd begin het.

Reis deur die Bybel

Julle sal dus sien dat daar twee lesse per tema vir die eerste klomp lesse is. Die eerste les is die oorspronklike les wat ons nog met die kinders kon doen, die tweede les is bietjie verander sodat ouers dit saam met hulle kinders as deel van huisgodsdiens of huiskerk kan doen. Die lesse is ideaal om oor ‘n paar aande te doen.

Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou. Die formaat van elke aand is ook anders om die kinders geÏntreseerd te hou.

1. Waar alles begin het

In hierdie les kyk ons kortliks na die skepping deur middel van ‘n ‘matching game’, asook ‘n paar basies vrae rondom die skepping wat die kinders in die Bybel moet opsoek.

Ons kyk daarna na ‘n video clip wat die sondeval op ‘n eenvoudige manier verduidelik. Ons gesels met die kinders oor die gevolge van sonde en die reddingsplan wat God vir ons gemaak het.

Die les word afgesluit met wat dit vir elkeen van hulle beteken, met ‘n uitnodiging tot bekering.

Laai die les hieronder in PDF formaat af:

EPIC JEUGLES:

1. JEUGLES – Waar alles begin het

1. Bekeringsgebed

1. Die Skepping

GRENDELTYD LES:

1a. GRENDELTYD LES – Waar alles begin het

Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-sondagskool-lesreeks/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s