Hierdie lesreeks is vir ons graad R-6 EPIC Jeugsel groep geskryf, wat gewoonlik op ‘n Woensdagaand bymekaar gekom het. Ons het die voorreg gehad om die eerste ses lesse in die reeks met hulle te doen, voordat grendeltyd begin het.
Reis deur die Bybel
Julle sal dus sien dat daar twee lesse per tema vir die eerste klomp lesse is. Die eerste les is die oorspronklike les wat ons nog met die kinders kon doen, die tweede les is bietjie verander sodat ouers dit saam met hulle kinders as deel van huisgodsdiens of huiskerk kan doen. Die lesse is ideaal om oor ‘n paar aande te doen.
Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou. Die formaat van elke aand is ook anders om die kinders geÏntreseerd te hou.
1. Waar alles begin het
In hierdie les gesels ons oor hoe alles begin het, die eerste sonde en God se reddingsplan vir die mens.
Ons kyk na HOE God alles geskep het, nadat die kinders self eers iets uit klei gemaak het, ‘n matching game oor die skepping gespeel het, en dan ‘n paar vrae rondom die skepping geantwoord het.
Ons kyk daarna na ‘n video clip wat die sondeval op ‘n eenvoudige manier verduidelik. Ons gesels met die kinders oor die gevolge van sonde en die reddingsplan wat God vir ons gemaak het.
Die les word afgesluit met wat dit vir elkeen van hulle beteken, met ‘n uitnodiging tot bekering.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES:
1. KINDERKERK LES – Waar alles begin het
GRENDELTYD LES:
1a. GRENDELTYD LES kinderkerk – Waar alles begin het
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-kinderkerk-lesreeks/