Hierdie is ons dertigste Personeelkamer Opening.
Die Viool
Op ‘n vendusie was die afslaer besig om ‘n bod te vra op ‘n ou viool wat daar eenkant gelê het. Vuil en vol stof het dit net daar gelê ……. niemand het daarin belang gestel nie.
Hy het geva vir ‘n bod, maar niemand wou ‘n aanbod maak nie. Hy het die viool uit die vioolkas gelig en dit hoog in die lug gehou:
“Wie gee my R10, wie gee my R9 en so het hy afgegaan in prys. Geen bod vir die ou viool nie.
‘n Ou gryskop man het stadig van agter afgestap gekom, die kierie klik klak op die sement vloer. Hy het die viool by die afslaer geneem en eers al die stof afgeblaas en dit toe met sy sakdoek saggies en liefdevol skoongevee.
Hy het die strykstok opgetel en toe die mooiste klanke daaruit voortgebring. Terwyl die hemelse musiek die lokaal vul, het daar ‘n doodse stilte neergedaal, en almal het met verstomming na die ou man gestaar.
Toe hy klaar gespeel het, het die afslaer weer die viool geneem en gevra: “wie gee my R5000 vir hierdie pragstuk” Toe het iemand meer gebie, en nog ‘n bod nog meer …… en so is die viool vir ‘n uitstekende prys verkoop.
Iemand vra toe die afslaer wat die verskil in die prys van die viool meegebring het. Die afslaer se antwoord was: “Die hand van ‘n meester.”
Toepassing:
Die wêreld gooi ons soms op die ashoop weg, en ons lê in ‘n hoek en stof vergaar, maar dan kom die Meester daar verby. Hy was ons mooi skoon en dan neem Hy die Hemelse Strykstok, en begin die mooiste musiek voortbring uit die eens verwerpte lewe.
As die Meester jou pad langs kom, dan styg jou waarde, want Hy neem dit wat vir die wêreld waardeloos lyk, en verander dit in ‘n meesterstuk.
Onthou die vyand wil hê dat ons verwerp en verlate moet voel, maar die Hand van die Meester kan die verandering bring.
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
30. PERSONEELKAMER OPENING – Die Viool
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/