Hierdie lesreeks is vir ons graad R-6 EPIC Jeugsel groep geskryf, wat gewoonlik op ‘n Woensdagaand bymekaar gekom het. Ons het die voorreg gehad om die eerste ses lesse in die reeks met hulle te doen, voordat grendeltyd begin het.
Reis deur die Bybel
Julle sal dus sien dat daar twee lesse per tema vir die eerste klomp lesse is. Die eerste les is die oorspronklike les wat ons nog met die kinders kon doen, die tweede les is bietjie verander sodat ouers dit saam met hulle kinders as deel van huisgodsdiens of huiskerk kan doen. Die lesse is ideaal om oor ‘n paar aande te doen.
Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou. Die formaat van elke aand is ook anders om die kinders geÏntreseerd te hou.
2. Amazing Race deur Genesis
Hierdie les kan oor sewe aande gedoen word.
Elke aand is daar ‘n leidraad wat julle moet ontsyfer om die naam van die Bybel karakter te kry waaroor die aand gaan. Sit die volgende fisiese leidrade uit die verhaal by elke aand se leidrade neer om dit interessant te maak, indien julle dit het:
Die volgende Bybelfigure word behandel: Adam en Eva; Noag; Toring van Babel; Abraham en Sara; Sodom en Gomorra; Jakob en Josef.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES:
2. KINDERKERK LES – Amazing race deur Genesis
GRENDELTYD LES:
2a. GRENDELTYD LES Kinderkerk- Amazing Race deur Genesis_
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-kinderkerk-lesreeks/