Hierdie lesreeks is vir ons graad 7-12 kinders geskryf. Die eerste klomp lesse is in die ‘ou’ formaat geskryf, en die ander sodat ouers dit as deel van huisgodsdiens of huiskerk met hulle kinders kan doen.
Die doel van hierdie reeks is om ‘n basiese Bybelkennis by ons kinders vas te lê. Ons hanteer nie elke Bybelfiguur of Bybeldeel apart nie, maar het dit half ‘gegroepeer’ om dit vir die kinders interessant te hou.
3. Op reis saam met Moses 1
Die volgende twee lesse handel oor die hooftrekke uit die verhaal van Moses soos ons dit in Eksodus en Deuternomium vind. Hierdie les kan oor ses aande gedoen word.
Die formaat van hierdie aande is ‘n speletjie, Bybeldeel om te lees en ‘n vraag. Van die dele het ‘n kort YouTube video clip, en van dit net ‘n opsomming oor die gedeelte.
In hierdie les kyk ons na die volgende dele uit Moses se lewe:
- ‘n Seuntjie word gebore
- God roep vir Moses
- Die 10 plae van Egipte
- Die wolk en die vuurkolom
- God red die Israeliete
- Manna uit die hemel
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
JEUGLES:
3. JEUGLES – Op reis saam met Moses 1
GRENDELTYD LES:
3a. GRENDELTYD LES – Op reis saam met Moses 1
Volg die skakel hieronder na die ander lesse in die reeks:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/reis-deur-die-bybel-sondagskool-lesreeks/