AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Jesus se soete Liefde
Vir hierdie les gebruik ons speletjies wat alles met lekkergoed – soetgoed – gespeel word. Dan gesels ons bietjie oor Kersfees en die soet van Jesus wat aarde toe gekom het om vir ons te kom sterf.
Hierdie is ‘n heerlike les om saam as gesin te doen ter voorbereiding van Kersfees.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES – Kersfees – Jesus se soete Liefde
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees Hulpbronne: