Hierdie les is vir die grootter kinders geskryf, Graad 7-12. Met die oog op die grendeltyd waarin ons tans is het ons dit so geskryf dat ouers dit self met hulle kinders by die huis as deel van huisgodsdiens kan doen.
Die Liefde
Hierdie les bestaan uit ‘n paar speletjies wat met die “Candy Conversation Hearts” lekkers gespeel word – dis die lekkers met die boodskappies op. Daarna is daar ‘n paar interessante vrae rondom God se liefde vir ons, en die toestand van ons eie harte.
Hierdie les is ‘n wonderlike hulpmiddel vir ouers om met hulle kinders oor hulle verhouding met Jesus te gesels.
Laai die les gratis hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander lesse oor die Liefde
Goeie dag. Wil graag weet of die pragtige sondagskoollesse slegs online beskikbaar is en of dit dalk ook in boek vorm is. Ons is op soek na n reeks wat ons in ons kerk Kan gebruik. Ek het so n Paar van die lease afgelaai en dit is vir my so mooi kinder vriendelike. Sal graag van u Wil hoor
LikeLike
Hello Racel. Ons lesse is ongelukkig net aanlyn beskikbaar, maar alles is gratis en julle is welkom om alles af te laai. Dis die lesse wat ons vir ons eie gemeente se kinders uitwerk en gratis deel met julle.
LikeLike