Aasjag: God se Liefde 2

aasjag 2 - groot

‘n Aasjag is ‘n wonderlike manier om kinders mee besig te hou, maar ook om hulle soveel te leer. Hierdie is ons tweede aasjag wat handel oor God se Liefde, maar hierdie een is heeltemal anders as die eerste een, jy sal dus albei met jou kinders kan doen sonder om iets te herhaal.

God se Liefde Aasjag 2

Jy kan hierdie aasjag op twee maniere met jou kinders doen. Jy kan hulle die hele aasjag op een slag laat doen, OF die 10 dae voor valentynesdag elke dag een laat doen. Ons het dit ook op twee formate gedoen, met die een moet die kinders eers deur middel van ‘n geheime kode ontsyfer WAT hulle moet gaan soek, en met die ander een word gegee wat hulle moet gaan soek.

Die lekker van ‘n aasjag is dat jy nie spesiale leidrade nodig het vir waar hulle moet gaan soek nie. Jy het ‘n lys van WAT hulle moet gaan soek en dis goed wat algemeen in hulle omgewing beskikbaar is. Nadat hulle die voorwerpe van die aasjag gevind het, word elke voorwerp aan ‘n Bybel deel oor God se liefde gekoppel.

Laai God se Liefde Aasjag 2 gratis hieronder in PDF formaat af:

God se Liefde Aasjag 2

God se Liefde – Geheime Kode – Aasjag 2

Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor die Liefde:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/liefde/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s