Met COVID se sosial afstand het die speel van speletjies baie moeilike begin raak, maar ons kinders het nogsteeds ‘n ontsettende behoefte daaraan, Ons het die eerste Sondag terug by die kerk na grendeltyd vir ons kleintjies ‘n lekker speletjies oggend gehou – sosiale afstand veilig.
Ons deel graag met julle wat ons met hulle gegoen het. Hierdie is die derde Kinderkerk Speletjie post.
Kinderkerk Speletjies 3
Speletjie 1: I spy: Speel I spy met die kinders. Gee elke keer die eerste letter van die woord vir die kinders as hulle leidraad. Jy kan ook vir elke kind ‘n I spy uitdeelstuk uitdruk en ook een vir jouself. Jy “spy” dan op die uitdeelstuk en hulle kyk of hulle dit kan vind op die blaai.
Speletjie 2: Simon Says
- Wikkel jou neus;
- Raak jou tone;
- Maak ‘n snaakse gesig;
- Maak asof jy sit op ‘n stoel;
- Swem;
- Waai met jou linkerhand;
- Maak asof jy slaap;
- Loop op een plek;
- Doen ‘n robot dans;
- Skud jou kop;
- Blaf soos ‘n hond;
- Glimlag;
- Draai in die rondte;
- Sit altwee hande op jou kop;
- Staan op jou tone.
Speletjie 3: Wat is die klank: Speel ‘n klompie klanke vir die kinders en laat hulle raai wat hulle hoor.
Speletjie 4: Stomstreke: Doen ‘n klompie aksies en die kinders moet raai wat jy doen.
- Roei in ‘n boot;
- Ry op ‘n motorfiets;
- Grawe ‘n gat;
- Lees ‘n boek;
- Werk op ‘n rekenaar;
- Eet ‘n bord kos;
- Kyk televisie.
Speletjie 5: Raai die dier: Gee vir die kinders ‘n woord wat rym met ‘n dier/insek se naam en laat hulle raai watter dier jy aan dink bv. Ek dink aan ‘n dier en dit rym met: mat – kat, roei – koei, werd – perd, mond – hond, vier – mier – tier, rok – bok, grot – rot – mot, tuis – muis, laai – haai, vuil – uil, bang – slang, gaap – skaap, dam – ram.
Speletjie 6: Hidden object: Gee vir elke kind die Vind die katjie en Vind die hasie prentjie.
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Hulpbronne: