Hierdie is ons ses en dertigste Kort boodskap, Saalopening idee. Ons is nie seker of daar nog Saalopenings gehou word nie, maar sien tog van tyd tot tyd dat mense dit aflaai, so ons gaan dit weer begin deel, en jy kan dit natuurlik op verskillende maniere, en verskillende plekke gebruik – nie net vir saalopening nie!
Doen aan Ander
Ysbreker:
Skryf die woord “Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê” deurmekaar op ‘n groot wit blaai of karton. As julle ‘n projektor in die saal het kan jy dit selfs op die projektor gooi.
Vertel vir die kinders dat julle vandag oor die “Goue reël” gaan praat. Wie kan raai wat dit is? Jy het ‘n leidraad vir hulle saamgebring – wys die plakkaat met die woorde op, of gooi dit op die projektor. Kyk wie eerste die “Goue reël” kan ontsyfer.
Inleiding:
Hierdie “Goue reël” is iets wat Jesus vir Sy dissipels geleer het. Ons kry dit in Matt 7:12 “Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen”
Maak nie saak in Wie of wat jy glo nie, hierdie bly een van die belangrikste reëls om in hierdie ou lewe te onthou.
Jy kan nie van ander mense verwag om jou mooi en goed te behandel as jy hulle sleg behandel nie.
Kom ek vertel gou vir julle ‘n storie om vir julle te wys hoe maklik dit is om goor teenoor ander mense te wees.
Hieronder is drie stories waaruit jy kan kies, afhangende van watter ouderdomsgroep kinders jy mee werk, of wat jy hulle wil leer. Die derde storie is nie uitgetik nie, dis die verhaal van die Barmhartige Samaritaan, en dit sal jy vind in Lukas 10:25-37.
Storie 1: Die Houtbord
Storie 2: Die nare ou oom
Toepassing:
Nou hoe moet ons nou maak? Wat beteken dit alles vir my en jou?
- Wil jy hê mense moet gaaf wees teenoor jou? Dan moet jy gaaf wees teenoor ander mense!
- Wil jy hê mense moet jou met respek behandel? Dan moet jy ander mense met respek behandel, maak nie saak of hulle dit teenoor JOU het nie!
- Wil jy hê ander mense moet vir jou dankie en asseblief sê? Dan moet jy dit vir hulle sê!
Dit beteken dat ek mense moet help waar ek kan, maak nie saak of ek iets daaruit kry of nie. As iemand anders iets mooi gedoen het, dan moet ek dit vir hulle sê en nie stilbly daaroor nie.
Soos die nare ou oom kan mense wat goor en ongeskik is dit net vir so lank doen as jy vriendelik en gaaf is.
So……… doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê.
Laai die Saalopening les hieronder in PDF formaat af:
36. Saalopening – Doen aan ander
Volg die skakel hieronder na ons ander Saalopening idees: