Nasionale Kinderbeskermingsweek vind hierdie jaar van 30 Mei – 7 Junie plaas. Tydens hierdie week word bewustheid rondom kinders se veiligheid op verskeie maniere geskep.
Ons het ‘n vorige Blogpost oor die onderwerp gedoen wat julle by die volgende skakel na kan kyk:
https://algoagemeenskapskerk.com/2018/05/26/sleutelgedagtes-kinderbeskermingsweek/
Ons het intussen op nuwe hulpbronne afgekom wat ons graag met julle deel.
Kortfilms vir Kinderbeskermingsweek:
Die skrywer en kortfilm vervaardiger Pieter Bonrhuyzen het sy twee Afrikaanse bewusmakingsfilms vir jongmense se skakels met ons gedeel, en met sy toestemming deel ons dit graag met julle:
Kortfilms:
Agter toe deure:
Hierdie kortfilm was in 2019 vervaardig en handel oor boeliery in skole. VInd die film by die skakel hieronder.
Weg:
Gedurende 2020 het hy sy tweede kortfilm vervaardig en vrygestel. WEG handel oor mensehandel en ontvoering. Hiermee wil hy graag ‘n boodskap uitstuur dat ontvoerings ‘n werklikheid in gemeenskappe is. Hy wil tieners bewus maak van die gevare van nagklubs, partytjies en algemene bymekaarkomste waar daar altyd ‘n moontlikheid skuil vir gevaar. Vind die film by die skakel hieronder.
Sterligkinders: E-Boek
Hy het ook ‘n tienerboek Sterligkinders geskryf en in 2018 vrygestel. Ook ‘n boek oor boeliery. Dit is in eboek formaat beskikbaar op sy webwerf www.pieterbonthuyzen.co.za teen ‘n afslagprys van slegs R35.00. Hierdie boek het ook al groot impak gehad op tieners se gedrag, asook bewusmaking.
https://pieterbonthuyzen.co.za/product/sterligkinders-pdf/
Veiligheid – My lyfie is myne
Hier is ‘n baie eenvoudige storie op YouTube wat vir baie klein klinders rondom lyf-veiligheid gebruik kan word.
Badisa Poppekas:
‘n Poppekas is ‘n baie gewilde en effektiewe manier om met jonger kinders te werk. Ons het op Badisa Weskus se oulike poppekaste oor drie verskillende onderwerpe rondom Kinderbeskerming op YouTube afgekom, en deel die skakels met julle:
Kinderbeskermingsweek:
Soos gewoonlik het Juffer van My Klaskamer se Blog nog ‘n klomp hulpbronne vir Kinderbeskermingsweek beskikbaar.
Ons deel die skakels na hierdie jaar asook die vorige jare se post op haar Blog met julle. Daar is regtig BAIE waardevolle inligting wat julle kan gebruik.
2021: https://myklaskamer.com/2021/05/28/kinderbeskermingsweek-7/
2020: https://myklaskamer.com/2020/05/27/kinderbeskermingsweek-6/
2018: https://myklaskamer.com/2018/05/25/kinderbeskermingsweek-4/
2017: https://myklaskamer.com/2017/05/04/kinderbeskermingsweek-3/
2016: https://myklaskamer.com/2016/05/09/kinderbeskermingsweek-2/
2015: https://myklaskamer.com/2015/05/20/kinderbeskermingsweek/
2014: https://myklaskamer.com/2014/05/20/1-8-junie/
Kinderbeskermingsweek Bewustheid:
As jou skool graag by bewustheid van Kinderbeskerming betrokke wil raak, maar jy weet nie waar om te begin nie, kan hierdie 10 riglyne van NGO Pulse jou dalk help:
http://www.ngopulse.org/article/2018/05/17/10-ways-raise-awareness-child-protection-month
[…] #Sleutelgedagtes: Kinderbeskermingsweek […]
LikeLike
[…] #Sleutelgedagtes: Kinderbeskermingsweek […]
LikeLike