#Sleutelgedagtes: Kinderbeskermingsweek 1

kinderbeskermings week 1 - groot
Nasionale Kinderbeskermingsweek vind hierdie jaar van 27 Mei – 3 Junie plaas. Tydens hierdie week word bewustheid rondom kinders se veiligheid op verskeie maniere geskep.

Kinderbeskerming:

Beskerming van kinders vind op verskeie maniere en op verskeie terreine plaas, en deur onsself te magtig rondom hierdie aspekte kan ons die kinders wat ons bedien help wanneer hulle hierdeur geraak word.

Wanneer ons van beskerming van kinders praat is daar ‘n hele klomp onderwerpe wat ter sprake kom, en ons gaan probeer om so bietjie inligting of skakels na inligting te verskaf.

Die eerste vraag wat ons moet vra is wie word hierdeur geraak? Die antwoord sou wees ALLE kinders, van ALLE ouderdomme en ALLE agtergronde. Die beskerming van kinders is nie net meer beperk tot klein kindertjies uit minderbevoorregte omstandighede nie. As dit is hoe ons dink is dit tyd dat ons ons oogklappe afhaal en begin raaksien waardeur die kinders geraak word.

Kindermishandeling:

Kom ons begin by die algemeenste een wat meeste van ons ken, kindermishandeling.

Kindermishandeling word in vier kategorieë verdeel:

Fisiese mishandeling is wanneer ‘n kind deur ‘n volwassene fisies beseer word (wonde, bloukolle, frakture), wat die kind slaan (met hand, stok, belt of ander objek), skop, byt, skud, teen iets vasgooi of stamp, steek (mes of enige skerp voorwerp) of brand (sigaret, plaat, strykyster).

Emosionele mishandeling is ‘n gedragspatroon wat ‘n kind se emosionele ontwikkeling en selfwaarde negatief beïnvloed. Gedrag soos konstante kritiek, dreigemente, verwerping, manipulering en weerhouding van liefde en ondersteuning, is voorbeelde hiervan.

Seksuele mishandeling is wanneer ‘n kind gedwing, gemanipuleer of vergoed word om aan ‘n volwassene seksuele genot te verskaf. Dit sluit afloer, betasting, molestering, seksuele omgang/verkragting of blootstelling aan pornografie in.

Opsetlike verwaarlosing is wanneer daar nie aan die kind se basiese behoeftes voldoen word nie. Dit kan fisies (onvoldoende kos, klere, skuiling of toesig), medies (ontvang nie mediese behandeling), opvoedkundig (kind woon nie skool by), of emosioneel (onvoldoende aandag aan die kind se emosionele behoeftes en laat hom/haar toe om alkohol of substanse te gebruik) van aard wees.

Indien enige mishandeling of opsetlike verwaarlosing plaasvind kan ‘n kind uit die ouers/voogde se sorg verwyder word ten einde die kind te beveilig.

Gratis hulpbron: Drie hoera’s vir Denver

“Drie hoera’s vir Denver vertel die aangrypende verhaal van ‘n seuntjie met die naam Denver wat baie mooi kan sing, maar begin hakkel nadat sy ma se kêrel by hulle kom bly. Die storie wys op ‘n deernisvolle manier hoe dinge uiteindelik beter word nadat Denver die moed bymekaarskraap  om sy ma en sy sangjuffrou te vertel dat dinge nie reg is by die huis nie.

’n Sensitiewe verhaal wat kinders leer om nie stil te bly of skuldig te voel oor mishandeling nie. Die boek bevat ook praktiese wenke vir kinders en ouers.

Die boek kan gratis in Afrikaans by die volgende skakel afgelaai word:

https://lapa.co.za/downloadable/download/link/id/MC4wMjI5NDAwMCAxNTg4MjM1MDg0MjQ5MTIzNjc0MDE5ODg%2C/

Boelie Gedrag:

Boelie gedrag is deesdae gereeld in die nuus, en meer kinders as wat ons van weet (baie keer ons eie kinders), word hierdeur geraak. Boelie gedrag is nie beperk tot die Laerskool nie, maar ook tot die Hoërskool, en die emosionele gevolge hiervan op die kind wat geboelie word is ontstellend. Baie kinders pleeg selfmoord omdat hulle die geboelie emosioneel nie langer kan hanteer nie.

Juffer van My Klaskamer het sommer ‘n klomp inligting rondom boelie gedrag, lees bietjie meer daaroor by die skakel hieronder:

https://myklaskamer.com/2016/05/22/boeliegedrag-bullebakkery/

Cyber Bullying:

Cyber bullying vind baie onder ons Hoërskool kinders plaas met ontstellende gevolge. Ons ouer geslag verstaan baie keer nie hoe werk cyber bullying of hoe die kinders hulleself hieraan blootstel nie, omdat ons nie in die tegnologie-era grootgeword het nie. As ons met kinders werk is dit egter BAIE belangrik dat ons onself rondom die onderwerp bemagtig.

Volg die skakel hieronder vir meer inligting rondom die onderwerp:

http://stompoutbullying.org/information-and-resources/about-bullying-and-cyberbullying/dont-be-cyberbullied/

Depressie:

Depressie is ‘n woord wat ons gewoonlik net met volwassenes assosieer, maar so hartseer soos dit is, lei al meer kinders en tieners deesdae daaraan. Hier is ‘n artikel wat jou meer inligting oor die onderwerp sal gee, en twee oulike videolcips wat dalk mag help.

https://youtu.be/tNsTy-j_sQs

Volg die skakel hieronder vir meer inligting oor depressie onder kinders:

https://www.wieisek.co.za/index.php/onderwerpe/gemoedversteurings#DEPRESSIE

Selfdood onder kinders:

Selfdood onder kinders neem onrusbarend toe en kan gewoonlik met depressie verbind word. Bekommerniswekkend is dat al jonger kinders hulle toevlug tot selfdood neem.

‘n Baie goeie fliek om die onderwerp met kinders aan te raak is “To Save a Life” 

Volg die skakel hieronder vir meer inligting oor die gevaartekens:

Selfdood onder kinders

Kinderbeskermingsweek:

As jy meer inligting soek rondom Kinderbeskermings-week, volg gerus die skakels hieronder na Juffer van My Klaskamer se Blog.

Ons deel die skakels na hierdie jaar asook die vorige jare se post op haar Blog met julle. Daar is regtig BAIE waardevolle inligting wat julle kan gebruik.

Volg die skakels hieronder na die Bloginskrywings:

2018: https://myklaskamer.com/2018/05/25/kinderbeskermingsweek-4/

2017: https://myklaskamer.com/2017/05/04/kinderbeskermingsweek-3/

2016: https://myklaskamer.com/2016/05/09/kinderbeskermingsweek-2/

2015: https://myklaskamer.com/2015/05/20/kinderbeskermingsweek/

2014: https://myklaskamer.com/2014/05/20/1-8-junie/

Volg die skakel hieronder na ons tweede post oor Kinderbeskermingsweek:

https://algoagemeenskapskerk.com/2021/05/31/sleutelgedagtes-kinderbeskermingsweek-2/

2 comments

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s