Personeelkamer Opening: 40. Die Klein Kersie

40. groot

Hierdie is ons veertigste Personeelkamer Opening.

Die Klein Kersie

Hierdie is die verhaal van ‘n klein kersie wat deur ‘n man gedra is terwyl hy die trappe na die vuur toring uitklim. Op pad na bo vra die kersie vir die man: “Waarheen gaan ons?” “Ons is op pad na die vuurtoring om seine te gee aan die groot bote op die oseaan” het die man geantwoord. “Wat?!” sê die kersie, “Hoe is dit vir my, ‘n klein vlammetjie, moontlik om seine te gee aan die groot bote op die oseaan?

Dis verregaande, hulle sal nooit my liggie kan sien nie” antwoord die liggie swakkies. “As jy dink jou liggie is klein, is dit jou persepsie, bly jy net skyn tot ons bo kom, en los die res vir my” sê die man.

Toe hulle bo kom sien die kersie daar staan ‘n vreeslike groot lamp, met ‘n lang kerspit wat agter afhang. Die man neem toe die lamp se pit en steek dit aan die brand met die kersie in sy hand, en onmiddelik was die hele plek helder verlig, en die lamplig was so sterk dat die skepe op die oseaan dit duidelik kon sien.

Ons sien almal ons eie beperkings raak, ons voel nie asof ons enige iets van waarde vir iemand kan beteken, of doen nie. En terwyl ons onsself sien as klein, nietig en onbe- duidend, sal ons dit bly, maar tog is daar een ding wat ons vergeet het, ons is die klein kersie maar in die Hande van ‘n Almagtige God maak Hy hierdie klein kersie ‘n seën vir almal om te sien.

Jy is miskien die klein kersie wat die lamppit laat brand sodat die groot skepe op die lewenssee hulle rigting kan behou? ‘n Klein aanmoedigende woordjie of gebed, of ‘n klein daad van liefde kan ‘n groot liefdesvuur aan die brand steek.

Dankie Here vir al die klein kersies, om ons is groot lampe wat die werk kan doen, maar die klein kersie is nodig om hulle aan die brand te steek. Hou asseblief al die klein kersies brandend en gebruik hulle tot seën vir ander

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

40. PERSONEELKAMER OPENING – 40. Die Klein Kersie

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s