Personeelkamer Opening 44: ‘n Nuwe Jaar

44. groot

Hierdie is ons vier en veertigste Personeelkamer Opening.

Dis net gepas om die nuwe jaar se eerste Personeelkamer Opening met ‘n inspirerende…. of twee…. Openings te begin.

Geniet God hierdie jaar

In 1643 het die parlement in Engeland die Anglikaanse regeringstelsel in die Kerk van Engeland afgeskaf. ‘n Vergadering van honderd-en-twintig dominees en dertig leke is na die Westminster Abdy opgeroep om die Engelse kerk te herbou. Die dokumente wat uit daardie ses jaar lange vergadering voortgekom het, is van die bekendstes in die geskiedenis van die kerk.

Die eerste vraag in die Korter Westminster Kategismus lees as volg: ‘Wat is die mens se hoofdoel?’ Antwoord: ‘Om God te verheerlik en Hom vir altyd te geniet.’

Die implikasies van daardie vraag en die antwoord daarop is diepgaande in hulle eenvoud.

As jy wys is, sal jy dit ‘n bloudruk vir jou lewe hierdie komende jaar maak. Verheerlik God. Gehoorsaam God. Geniet God.

Wanneer jy weet dat jou lewe God verheerlik, geniet jy sy teenwoordigheid, maar wanneer jy weet dat jou lewe God nie verheerlik nie, is jy geneig om Hom te vermy.

Dis sleg, want wat is jou kans op ware sukses sonder God se teenwoordigheid in jou lewe? Nie goed nie!

Soos jy terugkyk op verlede jaar, is daar dinge waaroor jy spyt is omdat jy weet dat God nie daardeur verheerlik is nie?

Wel, God gee jou ‘n nuwe jaar om dinge anders te doen.

Indien jy hierdie jaar ‘n nuwejaarsvoornemens wil maak, gebruik die fondasie van 1 Korintiërs 10:31 (NLV) daarvoor: ‘Wat julle ook al eet of drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.’

As jy hierdie reël volg, sal jy op die regte pad bly en sal jy vrede en vreugde hê in die wete dat jou lewe die Here behaag. Maak nie saak watter omstandighede mag voorkom nie, jy sal hulle met vrede en selfvertroue in die gesig kan staar, omdat jy weet dat God by jou is.

Laai die Personeelkamer Opening: Geniet God hierdie jaar, hieronder in PDF formaat af:

44. PERSONEELKAMER OPENING – Geniet God hierdie Jaar

‘n Nuwe Jaar, ‘n Nuwe Lewe

‘n Man wag op die lughawe van Portland, Ore­gon, vir ‘n vriend wat pas van ‘n vliegtuig af­ge­stap het, David A. Sar­gent. Sy aan­dag word getrek deur ‘n ander man wat met twee tasse in sy hande, tussen die an­der pas­­sasiers deur, aankom.

‘n Seuntjie, dalk ses jaar oud, hardloop hom tegemoet. Die man buig af, gee die seuntjie ‘n innige druk, hou hom ‘n rukkie vas, sê: “Ek het jou so gemis, my kind.” Die seun ant­woord skamerig, “Ek vir Pappa ook.” Die man kom reg­op en groet ‘n ander seun, mis­kien tien jaar oud. Hy hou die groter seun se gesig in sy hande, kyk in sy oë: “Ai, seun, ek het na jou verlang.”

‘n Dogtertjie van omtrent ‘n jaar oud sit in die ma se arms en wurm gretig om by haar pa te kom. “My Babatjie,” sê die man teer en neem die kleintjie in sy arms, soen haar en wieg haar heen-en-weer. Dadelik lê die kleintjie haar kop­pie vol bevrediging teen sy skouer.

Hy gee die dog­tertjie vir sy oudste seun. “Die beste het ek vir laaste gebêre,” en met dié woorde neem hy sy vrou in sy arms en gee haar ‘n innige, lang soen. Hulle kyk mekaar in die oë. Hy sê gevoel­vol, “Ek het jou so lief!”

Die man wat sy vriend kom haal het, besef skielik hoe hy die gesinnetjie aanstaar. Ver­leë sê hy “Wow! Hoe­lank is julle al getroud?” “Twaalf jaar,” antwoord die ander man sonder om sy oë van sy pragtige, bloesende vrou af te neem.

“Hoe lank was jy weg van hulle af?” vra die starende man. “Twee volle dae.” TWEE DAE??? Die man is verstom. Hy sou sê hy was maande weg van sy geliefdes af. Verleë prewel die sta­rende man, “Ek hoop my huwelik sal na twaalf jaar ook nog so hartlik en warm wees.”

Sonder om sy vrou se hand te los, kyk daardie ander man hom di­rek in sy oë en met ‘n erns wat die toe­skou­er tot in sy hart tref, sê hy: “Moenie hoop nie, Vriend. Besluit!”

Toepassing:

Dit geld nie net vir die getroude lewe nie, maar vir al die ernstige sake in ons lewens. As daar ‘n oop weg is, moet dan nie net hoop nie. Dít bring mens nêrens nie. Besluit!

Dit geld ook vir ons geeste­li­ke lewe. Iemand kan sê: Ek hoop my saak met God is reg. Ek hoop ek sal hemel toe gaan.  Dis nie genoeg nie. Jesus Christus het die weg vir ons so wyd oopgemaak, dat ons kan besluit.

“Daarom as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel… dit het alles nuut geword…Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen” (2 Kor.5:17,20).

Sélf beloof Jesus ons: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou en hy met My” (Opb.3:20).

Laat die nuwe jaar `n jaar van verstan­dige, deur God geleide, besluite wees.

“Here, vandag maak ek die deur van my hart vir U oop. Red my asseblief.”en wees my Leidsman in al my besluite.

Laai die Personeelkamer Opening: Nuwe jaar, Nuwe lewe, hieronder in PDF formaat af:

44. PERSONEELKAMER OPENING – ‘n Nuwe Jaar – ‘n Nuwe Lewe

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s