Hierdie is ons ses en veertigste Personeelkamer Opening.
Pap Batterye
Jy is op pad werk toe en besef dat jou battery pap is omdat jy gister vergeet het om die ligte af te sit na jy in die reën huis toe gery het.
Jy is laat en hardloop gou na die buurman om hom te vra of hy spring kabels het en of hy sy motor sal ombring sodat jy jou motor aan die gang kan kry.
Die buurman moet sy motor tot by jou stoot want sy battery is ook gedaan….En jy weet al het jy die kabels sal jy nie jou motor aan die gang kan kry met jou buurman se pap battery nie.
Toepassing:
Geestelik werk dit presies dieselfde….Jy kan jouself nie geestelik herlaai as jy jouself omring met vriende wie se geestelike batterye net so pap soos joune is nie. Sny daardie pap battery vriende uit jou lewe…die wat altyd negatief is….die wat altyd van almal loop en kwaad praat…die wat verkeerde gewoontes het… die wat so loop en vloek en skel… die wat God se krag en Majesteit bevraagteken…die wat oorloop van twyfel en ongeloof…die wat geen liefde of respek vir hulle medemens het nie… sny hulle uit…hulle sal nooit jou geestelike battery aan die gang kan kry nie.
Omring jouself met vriende wie se geestelike batterye vol gelaai is met liefde…met lofsange…met getuienisse…met vreugde en blydskap in die Here…wat oorloop van geloof en danksegging…wat hulle vrugte van die Gees met almal om hulle deel. By sulke vriende kan jy jou spring kabels gebruik om jou eie geestelike battery weer tydelik aan die gang te kry.
En dan gaan jy op jou knieë en met gebed…lofprysing en die woord herlaai jy weer jou eie geestelike battery vol…en as jy dan iemand op jou lewenspad teekom wat moeg en oorlaai is kan jy jou spring kabels uithaal en hulle pap battery weer aan die gang kry….maar onthou een pap battery kan nie ‘n ander aan die gang kry nie….vul jou lewe met mense met vol batterye.
Bron: Facebook groep: Christus Volgelinge – Georgie Claassen
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
46. PERSONEELKAMER OPENING – Pap Batterye
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/