Hierdie is ons tweede poppekas storie oor die bewusmaking van seksuele molestering by kinders, ‘n onderwerp wat ons baie naby aan die hart lê. Kinders is so onskuldig, en vertrou mense so maklik, daarom is dit BAIE belangrik dat ons gereeld met ons kinders oor die onderwerp sal praat.
Ekself praat van kleins af op ‘n gereelde basis met my kind daaroor, sodat ek hom gedurig daaraan kan herinner, NIE om hom bang te maak nie, maar om hom veilig te hou.
Hierdie poppekas storie is vir bietjie groter kinders bedoel en het ‘n ernstiger toon as die vorige een. Ons het een met ‘n geestelike agtergrond, en een met ‘n nie-geestelike agtergrond geskryf.
Laai die Poppekas stories hieronder in PDF en WORD formaat af:
Poppekas 2 – Bewusmaking van Seksuele molestering WORD – Nie- geestelik
Poppekas 2 – Bewusmaking van Seksuele molestering PDF – Nie – geestelik
Poppekas 2 – Bewusmaking van Seksuele molestering geestelik WORD
Poppekas 2 – Bewusmaking van Seksuele molestering geestelik PDF
Volg die skakel hieronder na ons ander hulpbronne oor seksuele molestering:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/seksuele-molestering/