Hierdie is ons agt en veertigste Personeelkamer Opening.
Ek wil graag Dankie sê
Die verhaal word vertel van ’n Skotse vissersboot in die Noordsee wat deur ’n Nazi bomwerper gekelder is. Die bemanning van tien kon in hul reddingsbootjie wegkom.
Veertig uur lank het hulle om die beurt geroei met die hoop dat hulle deur iemand opgemerk sou word. Een vir een het hulle van uitputting opgehou met roei.
In die loop van die oggend van die derde dag sien hulle ’n vliegtuig. Gou identifiseer hulle die vliegtuig as ’n geallieerde vliegtuig. Gaan die vliegtuig hulle opmerk?
Die loods van die verkenningsvliegtuig se skerp oë het hulle in die onstuimige see opgemerk. Teen hierdie tyd was agt van die manne so uitgeput dat hulle op die bodem van die bootjie teen mekaar gelê het. Die ander twee het swakkies vir die loods gewaai.
Die vliegtuig kom laag in en vlieg oor hulle. Wikkel sy vlerke. Hulle juig. Hulle is raakgesien! Die vliegtuig verdwyn in die deinserige lug.
Die loods weet van twee mynveërs, vyftien myl weg van die toneel af. Met sy ligte sein die vlieënier vir die skepe om hom te volg. Die vissermanne hoor weer die vliegtuig en sien toe die skepe wat nader kom.
Die mynveërs gee vir die vliegtuig die sein – GERED! Die vliegtuig wikkel weer sy vlerke en vlieg weg.
Die vliegtuig was skaars twee myl weg of een van die mynveërs gee ’n sein om hom terug te roep. Die vliegtuig keer in lae vlug terug. “Iets verkeerd?” sein die vliegtuig. Die mynveër se ligte flikker die boodskap uit: “Hierdie manne wat ons opgelaai het, wil net graag sê: DANKIE!”
Toepassing:
Die verhaal sluit af met die vraag: “Has this story found its answer with you? Have you ever thanked the Lord Jesus for what He has done? That He came at such great cost for you?”
Enigiemand wat nog nooit Jesus aangespreek het met ’n hartlike “Dankie Sê” nie, het nog nooit besef, dat Jesus gekom het om hom/haar te red nie. Die groot, groot prys wat Jesus moes betaal om tot by ons dobberende bootjie te kom, het nog nooit in die hart opgekom nie.
Is dit nie dalk tyd dat jy ‘n slag vir God dankie sê nie?
Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:
48. PERSONEELKAMER OPENING – Ek wil graag Dankie sê
Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/
Do you have Staffroom Devotions in English?
LikeLike
Hi Yvonne! Al ons materiaal is ongelukkig net in Afrikaans beskikbaar, want dis die taal waarin ons bedien. Ek is seker jy sal op die internet kry as jy bietjie rondkrap.
LikeLike
Hi Yvonne! Ons bedien self in Afrikaans en daarom is al ons hulpbronne net in Afrikaans beskikbaar.
LikeLike