AGTERGROND: Kinderkerk lesse is geskryf vir Graad R-6 kinders. Ons graad R-3 groep kom in een lokaal bymekaar, en ons graad 4-6 groep in ‘n ander lokaal. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe.
Borsharnas van Vryspraak:
Vir hierdie les het ons ‘n ysbreker met ‘n gevriesde T-hemp en ‘n mooi illustrasie om vryspraak / geregtigheid op ‘n eenvoudige manier te verduidelik. Ons gesels ook oor hoe ek my vrysrpaak / gregtigheid as deel van die wapenrusting aantrek.
‘n Vriendelike waarskuwing oor die T-hemp ysbreker. Moenie die T-hemp te lank voor die tyd vries nie, ons het dit ‘n week en ‘n half voor die tyd gedoen, want ons het gedink dit gaan lank vat. Jy kan dit met gemak twee dae voor die tyd doen. Moet ook nie jou kinders toelaat om die blok ys waarin die T-hemp gevries is te gooi om die blok ys stukkend te kry nie, jou T-hempde skeur in die proses. Ons kinders het die VREESLIK geniet, maar die blok ys was te hard gewees en het in ‘n redelike gemors ontaard, wat die kinders natuurlik vreeslik geniet het, maar dit het die ysbreker so bietjie ‘gekaap’.
Laai die les oor die Borsharnas van Vryspraak hieronder in PDF formaat af:
Volg die skakel hieronder na die lesse oor die ander dele van die Wapenrusting van God:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/wapenrusting-sondagskool-lesreeks/
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagkool lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/