Bybel Kopkrappers: Die Liefde

Met Valentines dag om die draai het ons al ons Bybel Kopkrappers oor die Liefde bymekaar gesit sodat julle ‘n paar lekker aktiwiteite het om met die kinders te doen vir Valentines Dag.

1 Korintiërs 13:

Wanneer ons van die Liefde praat is 1 Korintiërs 13 altyd die gewildste Bybeldeel wat gebruik word. Ons het so bietjie kreatief geraak en dit in ‘n geheime kodes omskep. Ons het probeer om dit in drie verskillende moeilikheids grade te doen om klein en groot te akkomodeer. Julle sal dus sien dat daar drie verskillende dokumente is, elkeen met ‘n ander kode wat gebruik is, en dus in moeilikheids graad verskil.

Laai die Liefdes Kode gratis hieronder in PDF formaat af:

1 Korintiërs 13 – Geheime kode – 1

1 Korintiërs 13 – Geheime kode – 2

1 Korintiërs 13 – Geheime kode – 3

God se Liefde:

Die tweede groep kopkrappers gaan oor God se liefde, iets wat ek hoop julle OOK op Valentines dag by stilstaan. Hierdie is in die vorm van Bybel Woord Puzzles.

As jy nog nie Bybel Woord Puzzles gespeel het nie, kyk gerus na die twee voorbeelde hieronder. Die instruksies is op die PDF dokument. Wanneer jy klaar God se Liefde ontsyfer het vul jy die woorde wat jy by elke Woord Puzzle gekry het op die regte plekke in die hartjies in en lees die teksverse wat by elkeen pas.

Bybel Woord Puzzles is groot pret vir die hele familie. Ons het dit so eenvoudig as moontlik probeer hou dat selfs die kleintjies, met ‘n bietjie hulp, sal kan saamspeel. Jy kan ook jou eie lys vrae rondom God se liefde uitwerk wat julle dan as ‘n lekker huisgodsdiens aktiwiteit kan gebruik.

Voorbeelde:

1. geskenk

2. almal

1

Laai die gratis God se Liefde Woord Puzzle hieronder in PDF formaat af:

God se liefde is… – Bybel Woord Puzzle

Volg die skakel hieronder na ons ander Bybel Kopkrappers:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-kopkrappers/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s