Skole Bediening: Week van Gebed 1

Soos ons reeds onder ons Skole Bediening blad verduidelik het, is ons baie betrokke by bedieninge in plaaslike skole. Ons bedien elke Vrydagmiddag by Laerskool Piet Retief ongeveer 60 kinders vir 45 minute na skool met die Woord op ‘n interaktiewe manier in kleingroepe.

Ons het in 2016 tydens die Jerigo Mure se “24/7 on the Wall” ‘n Week van gebed vir 30 minute na skool by die Laerskool Piet Retief gehou. Dit was ongelooflik om te sien hoe ons getalle elke dag gegroei het. Ons het begin met ongeveer 50 kinders en geïndig met ongeveer 110 kinders. NA skool, NIEMAND het ‘n af priode of enige beloning daarvoor gekry nie.

Ons het tydens hierdie week ‘n Bybel veldtog in Algoa Gemeenskapskerk geloods om fondse in te samel om Bybels te koop, omdat meeste van hierdie kinders nie hulle eie Bybel besit, of daar geen Bybel in die huis is nie. Ons het in daardie week geld ingesamel om 360 Bybels  mee te koop, waarvan ons ongeveer 110 by Laerskool Piet Retief kon uitdeel tydens die week van gebed, en ongeveer 60 by Hoërskool Otto du Plessis waar ons in dieselfde week ook ‘n week van gebed tydens pouse gehou het.

Hier waar ons werk sien ons werklik dat ons die Jeug onderskat en nie altyd ‘n kans gee nie. As die geleenthede beskikbaar is, is dit ongelooflik om te sien hoe die kinders dit bywoon en elke kans aangryp wat hulle kry om meer van God se Woord te leer. Vir ons was die ongelooflikste dat ons tydens hierdie week NIE gespeel het nie, maar GEBID het, en dat soveel kinders opgedaag het om te BID!!

God is besig met ons kinders, maar ons moet beskikbaar wees as Sy hande en voete!!

Ons het die week gebid vir die volgende:

  1. DAG 1: Skoonmaak / sondebelydenis
  2. DAG 2: Bid vir ons families
  3. DAG 3: Bid vir ons skool
  4. DAG 4: Bid vir jou area
  5. DAG 5: Bid dat ons ligdraers in die wêreld sal wees

SKOLEBEDIENING – Week van Gebed – Dag 1

SKOLEBEDIENING – Week van Gebed – Dag 2

SKOLEBEDIENING – Week van Gebed – Dag 3

SKOLEBEDIENING – Week van Gebed – Dag 4

SKOLEBEDIENING – Week van Gebed – Dag 5

Volg die skakel hieronder na ons ander Skolebediening Week van gebed:

Juniors: Week van Gebed 2

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s