Sondagskool Lesreeks: Om die Bybel beter te verstaan

Bybel te verstaan - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Lesreeks: Om die Bybel beter te verstaan

Hierdie is ‘n mini-reeks van drie lesse oor die doel van die Bybel, hoe die Bybel ons help in ons alledaagse lewens en hoe die Bybel ons help in ons verhouding met God. Kyk gerus na ons ‘Blogpost’  #Sleutelgedagtes: Handleiding vir die gebruik van ons lesse, dit gee ‘n uiteensetting van ons lesse.

In hierdie mini-reeks behandel ons die volgende temas:

  1. Die doel van die Bybel
  2. Hoe die Bybel ons lewenspad verlig
  3. Om ‘n verhouding met God te bou deur Bybelstudie

SONDAGSKOOL LES 1: Die doel van die Bybel

Waarom is die Bybel so belangrik vir ons as Christene, en hoekom is dit belangrik dat ek dit gereeld lees?

1. SONDAGSKOOL LES – Die doel van die Bybel

SONDAGSKOOL LES 2: Hoe die Bybel ons lewenspad verlig

Die Bybel is nie ‘n ‘ou boek’, wat duisende jare terug geskryf is nie, dis ‘n boek wat antwoorde op ons alledaagse vrae het, en ons help om te leef soos God dit van ons verwag.

2. SONDAGSKOOL LES – Hoe die Bybel ons lewenspad verlig

SONDAGSKOOL LES 3: Om ‘n verhouding met God te bou deur Bybelstudie

Die Bybel is die plek waar God vir ons riglyne gee oor ‘n verhouding met Hom, daarom is dit so belangrik dat ek dit gereeld sal lees om my aan verhouding met God te bou.

3. SONDAGSKOOL LES – Om ‘n verhouding met God te bou deur Bybelstudie

SPELETJIES:

Hier is ‘n paar speletjies om die kinders te help om die Bybelboeke te leer ken. By die eerste speletjie moet die Bybelboeke onder die regte Afdelings gegroepeer word. Dit het die Bybelboeke se name, reeds die regte Boeke saam gegroepeer, jy moet dit net onder die regte afdelings sit. Ons het ‘n PowerPoint ingesluit om dit makliker te maak as jy dit eers met jou kinders wil deurgaan voordat hulle dit self moet groepeer.

Boeke van die Bybel – Groepe PPT

Bybelboeke Matching Game

Ou Testament boeke 1 en 2 is die boeke geÏlustreer en kan gebruik word om die boeke in die regte volgorde te sit.

Ou Testament boeke 1

Ou Testament boeke 2

Die laaste speletjie het al die Bybelboeke – Ou en Nuwe Testament, en die kinders moet dit in die regte volgorde sit.

Bybel-boeke

EKSTRA HULP:

Hier is ‘n paar ektra goed wat dalk mag help.

Oosterlig Pretoria

Oosterlig gemeente in Pretoria het hierdie oulike dokument op hulle website oor die Bybel wat hulle met hulle Graad 10 kategese klas gebruik. Kyk gerus daarna, daar is ‘n kort opsomming in Afrikaans oor elke Bybelboek en dan die pragtigste illustrasies. Sif maar deur die inligting in hierdie dokument, want daar’s heelwat wat jy sal kan gebruik, maar ook heelwat wat nie van toepassing sal wees nie. Dis egter die moeite werd om daarna te kyk.

Oosterlig Pretoria

 The Bible Project

Hierdie is ‘n baie oulike hulpbron as jy nog nie daarvan weet, of nog nie daarna gekyk het nie. Kyk onder die kategorie – Internet Hulpbronne: The Bible Project op hierdie Blog vir ‘n volledige lys en ‘playlist’ van al hulle videoclips.

 DinkJeug

DinkJeug het ‘n 3-5 weke Kategese reeks oor die Bybel.

Al die inligting en skakels is op hulle webtuiste beskikbaar – volg net die volgende skakel: http://dinkjeug.ngkerk.net/2017/06/27/tiener-kategese/ 

Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-snr/

 

 

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s