#Sleutelgedagtes: Vrywilligers

vrywilligers - groot

Gereelde lesers van die blog het dalk ‘n woordjie raakgelees wat oral verskyn by ons bedieningspunte.  Hierdie woordjie is “vrywilligers”.  Ons is geseënd by ons gemeente dat ons soveel hande het wat bereid is om te help op watter manier hulle ookal kan.  Vandag wil ons ‘n paar gedagtes deel rondom vrywilligers en hoe dit by ons werk.

Ons het lankal besef dat die jeugbediening nie ‘n ‘one man show’ kan wees nie.  Vele hande maak werk ligter en waar die een dalk kort, vul iemand anders aan.  Kleingroepe werk net soveel beter vir ons en natuurlik kleingroepe, het kleingroepleiers nodig.  Ons het begin bid vir die Here om die arbeiders te stuur en Hy het.  Ons ervaar dit.  Soms ervaar ons onder die leiding van die Heilige Gees om iemand te gaan vra om by die jeug in te skakel.  Soms kom ‘n persoon self na vore.  In elke geval word daardie persoon gevra om eers te gaan bid en bevestiging te kry of dit die plek is waar die Here hulle wil hê.

Die vrywilligers wissel in ouderdom.  By ons G1 groep sien mens Laerskool sowel as Hoërskool leerders wat leiers van groepies is.  Hier is ‘n wonderlike geleentheid vir ons geskep deur die Here waar ons jongmense van baie jonk af kan mentor om leiers te wees.  By die Epic jeugsel, skole en Sondagskool het ons volwassenes wat almal ouer as dertig is en die mite dat jy slegs met jeug kan werk as jy jonger as dertig is, verkeerd bewys.  Ons werkende jong volwassenes het ook ingeskakel by Epic en Sondagskool omdat hulle jeug so geniet en graag deel wil bly, al is hulle nie meer in die skool nie.  Hulle word hulpleiers by ‘n volwassene en neem groepe oor sodra ons kan sien dat hulle ‘n kleingroep kan hanteer.

Natuurlik kan ons ook nooit vergeet van die vrywilligers wat kombi ry, klankbord hanteer of voorbidding doen terwyl die sel aangebied word nie.  Daar het ons ook spesiale spanne en hulle is net so belangrik soos die vrywilligers wat help aanbied.

Daar word baie verwag van ons vrywilligers omdat ons lesse nie oppervlakkig is nie, maar ons laat hulle nie net op hul eie nie.  Lesse word lank genoeg voor die tyd aan elke leier uitgedeel of per e-pos gestuur sodat hulle deur dit kan werk en enige vrae van hulle kant beantwoord kan word.  Hulle kry ook heelwat agtergrond inligting oor die temas wat behandel word en antwoorde op die vrae wat hulle met die kinders bespreek, word ook verskaf.  Niemand voel ooit in die ‘donker’ oor ‘n les en die uitleg daarvan nie.

Werkswinkels het ook begin ‘n prioriteit word om leiers te bemagtig.  Daar is reeds ‘n werkswinkel vir leiers op die blog gepost waarna jy gerus kan kyk.

Ons waardeer al ons vrywilligers baie omdat ons besef dat ons almal saam werk om ons kinders geestelik toe te rus.  Hulle passie vir die Here en die jongmense is ‘n vreugde vir ons.

Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/sleutelgedagtes/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s