AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Junior lesse se kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.
Lesreeks: Om God eerste te stel – Junior
Hierdie is ‘n kort mini-reeks van vier lesse wat vir die G1 groep geskryf is. Dit help kinders verstaan dat wanneer ek my hart vir Jesus gegee het, Hy eerste in my lewe moet kom, in ALLE areas.
In hierdie Reeks behandel ons die volgende temas:
- Die nou en die wye pad
- Om God eerste te stel
- Om God eerste te stel met my tong
- Om God eerste te stel met my dade
1. Die nou en die wye pad:
Hierdie les is die inleiding vir die volgende drie lesse en kyk na die twee paaie in die lewe wat ons kan kies.
2. Om God eerste te stel:
In hierdie les kyk die kinders wat dit beteken om God eerste te stel.
3. Om God eerste te stel: Met ons tong
In hierdie les kyk die kinders wat dit beteken om God eerste te stel met hulle tong.
2. G1 – Om God eerste te stel met ons tong
4. Om God eerste te stel: Met jou dade
In hierdie les kyk die kinders wat dit beteken om God eerste te stel met hulle dade.
3. G1 – Om God eerste te stel met ons dade
3. G1 -Uitdeelstuk – Om God eerste te stel met ons dade
Volg die skakel hieronder na ons ander Junior Sondagskool Lesse:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/sondagskool-lesse-jnr/