Familie is vir ons by Algoa Gemeenskapskerk baie belangrike, en ons beskou onsself ook as ‘n familiekerk. Baie van ons kinders kom uit gebroke huise, of huise waar ouers en kinders nie werklik meer tyd saam met mekaar spandeer nie.
Bybelse Familie Funaand 1:
Ons het verlede jaar beleef dat ons op die laaste Woensdagaand van die kwartaal ‘n Familie Funaand moet hou. Familie – nie net ouers- is uitgenooi om aan ‘n Bybelse Funaand saam met die kinders deel te neem. Families het vir ons gewys hoeveel hulle omgee en ons was aangenaam verras oor die getal ouers, en grootouers wat opgedaag het en die aand saam met hulle kinders geniet het.
Volg die skakel hieronder vir al ons ander Jeug Funaande:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/