Internet Hulpbronne: DinkJeug

Internet Hulpbronne - Dinkjeug

Onder die afdeling Internet Hulpbronne sal julle ‘n hele klomp ander webtuistes met gratis lesse vind. Onthou egter dat AL die lesse en materiaal op HIEDIE Blog ook GRATIS is.

Ons Blog is nog baie jonk en ons het nog nie lesse oor al die belangrike temas wat julle dalk wil gebruik nie. Ons probeer ook in ‘n groot behoefte aan gratis Afrikaanse lesse en jeugmateriaal voorsien. As julle van enige gratis Afrikaanse of ander oulike materiaal weet wat ons nog nie op hierdie Blog het nie, laat weet ons asseblief by “Kontak ons” sodat ons dit kan byvoeg.

DINKJEUG:

Besoek gerus DinkJeug – die webwerf vir alles wat met jeugwerk te doen het. Dinkjeug is geskep deur Anriëtte de Ridder (PSD vir Jeug en Familiebediening van die Wes-Kaapse Sinode) as ‘n ruimte om hulpmiddels te deel en na te dink oor jeug-, kinder- en familiebediening.

Daar is baie oulike gratis materiaal op hierdie webtuiste beskikbaar, veral ‘n paar reekse vir naskoolse jongmense. Daar is ook ‘n baie oulike gratis reeks vir kategese oor de Bybel beskikbaar.

Volg die volgende skakel na hulle webtuiste: http://dinkjeug.ngkerk.net/

Jy kan ook op die webwerf inteken op hul e-nuusbrief. Volg die skakel http://dinkjeug.ngkerk.net/.

Dinkjeug is ook op Facebook; like hulle by https://www.facebook.com/dinkjeug-1578726589096829/ en op Pinterest https://za.pinterest.com/dinkjeug/  (volg hulle)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s