Ons kinders is baie lief vir Praise and Worship, maar omdat ons kinders van Graad 4-12 saam Praise and Worship op ‘n Woensdagaand het ons bietjie anders begin dink oor ‘n Praise en Worshipaand.
Ons begin gewoonlik met ‘n rustige ysbreker wat die kinders aan die dink sit oor Praise and Worship. Daarna sing ons so drie of vier liedjies op ‘n keer, en wissel dit af met aktiwiteit waar die kinders oor God se grootheid moet dink, of hullself ondersoek en dan aan God wy. Dit werk wonderlik met die jonger kinders, en selfs die ouer kinder geniet dit baie.
Praise and Worship aand 1
Ysbreker: Matt 10:30 en Ps 139:13 – Die aand begin met ‘n ysbreker waar die kinders moet probeer om mekaar se hare te tel, en vingers en tone om te sien hoe uniek en amazing ons Groot God elkeen gemaak het. Hierna sing ons drie van ons Worship liedjies.
Praise and Worship: Ons verduidelik vir die kinders WAT Praise and Worship is, en HOEKOM ons dit doen. Hierna sing ons die eerste vyf Praise liedjies.
U is: Kinders draai na mekaar en dink aan een woord waarmee hulle God sal kan beskryf, daarna skryf hulle dit op ‘n papiertjies en plak dit teen die muur. Die kinders sing die volgende vyf Praise liedjies.
Dankie Jesus vir: Kinders dink waaroor hulle vir Jesus kan dankie sê, skryf dit op ‘n papiertjie en plak dit teen die muur.
Ek kom gee: Die kinders sing die laaste vyf Worship liedjies en terwyl hulle sing kan hulle vorentoe kom en op ‘n papiertjie neerskryf as hulle iets vir Jesus wil gee (drank / seks /tong /liggaam ens.)
Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:
JEUGLES – Praise en Worship aand
Hier is die videoclips van die liedjies wat ons vir die aand gebruik het:
Volg die skakel hieronder na ons ander Praise and Worship Hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/