Praise and Worship aand 2

pw 2 - groot

Praise and Worship is iets wat ons kinders vreeslik geniet, veral omdat ons dit alles met bewegings doen. Ons moet hulle egter gereeld herinner waaroor dit gaan en met Wie hulle besig is daartydens. ‘n Interaktiewe Praise and Worship aand is ‘n baie effektiewe manier wat ons gebruik om dit te doen.

Praise and Worship aand 2

Ons begin die aand met ‘n Worship Opener wat ons op YouTube gekry het – Glory – om die kinders in die regte stemming vir die aand te bring.

Ysbreker: Ons begin die aand met ‘n ‘opwarmings oefening’ , deur Ps 100 te vat en aksies by die verskillende dele te sit.

Ons groot God: Oefening 1 – Elke groep kry ‘n artikel (bril / handskoen / rekkie / tripod / horlosie / kwas / septer / ) en hulle moet vir die ander vertel watter eienskap van God hulle aan hierdie artikel kan heg. Daarna word die eerste drie Praise liedjies gesing.

Ons groot God: Oefening 2 – As ons God se naam wil grootmaak is daar geen beter plek as die Psalms om te gaan kyk nie. Ps 100 wat ons as opwarmingsoefening gebruik het is ‘n voorbeeld daarvan. Elke groep skryf hulle eie Psalm vir God. Hierna sing ons weer vier Praise liedjies.

Ons groot God: Oefening 3 – ‘n Worship Opener – My Offering – word gespeel . Hierna vind daar ‘n bespreking in die groepe plaas, oor hoe die kinders hulle liefde vir God kan wys. Hierna word die drie Worship liedjies gesing.

Laai die dokument hieronder in PDF formaat af:

JEULGES – Praise and worshipaand 2

Hier is die videoclips wat ons tydens die aand gebruik:

Hier is die videoclips van die liedjies wat ons vir die aand gebruik het:

Volg die skakel hieronder na ons ander Praise and Worship Hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/praise-and-worship/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s