Ons wil vandag bietjie terugvoer gee oor gisteraand se EPIC Jeug – Praise and Worship aand 2 om aan julle te demonstreer dat die Heilige Gees se leiding die enigste manier is waarop ons ons kinders geestelik kan breik.
Soos ons in die vorige ‘post’ genoem het, het ons beleef dat ons die kwartaal met ‘n Praise and Worshipaand moet begin. Ons was bietjie onseker oor van die goed wat ons beleef het die Heilige Gees wil hê dat ons met die kinders moet doen, maar ons leuse is “I will follow” – so gehoorsaamheid is nie ‘n opsie nie, maar die enigste uitweg.
So het ons gisteraand met die opwarmingsoefening: Ps 100 begin, en die kinders was gaande daaroor gewees en so deelgeneem dat ons dit nie eintlik kon glo nie. Daarna het ons ons drie liedjies gesing soos beplan, en daarna het die Heilige Gees die hele aand oorgeneem.
Die opdrag was dat elke groep ‘n Psalm moes skryf, en hier het ons gedink gaan die aand totaal flop, en dis waar die aand AMAZING begin raak het. Die kinders het die MOOISTE Psalms geskryf en wou net nie ophou nie, baie van hulle het hulle eie geskryf en nie deelgeneem aan dit wat die groep geskryf het nie. Toe ons na die tyd vra dat ‘n paar dit vir ons voorlees, het ALMAL na vore gekom.
Dit was AMAZING om die kinders se hart oor God te hoor, en as ons NIE na die Heilige Gees geluister het nie, sou ons en hulle uitgemis het op hierdie amazing belewenis!
Partykeer klink die opdrag van die Heilige Gees vir ons vreemd, en in ONS gedagtes kan ons nie dink dat dit ooit sal kan werk nie – soos gisteraand – maar dan vergeet ons dat ons die Alsiende, Alwetende, Alomteenwoordige God aanbid wat voordat Hy die opdrag gee, alreeds weet wat die uitslag gaan wees. VERTROU HOM NET!!
Ons sluit so paar van gisteraand se Psalms wat die kinders geskryf het vir julle in:
Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes: