Ons hoef seker vir niemand te vertel hoe ernstig misdrywe teen kinders is, hetsy dit seksuele molestering of mishandeling in watter vorm ookal is nie. Die effek van hierdie misdryf teen jou as kind, volg jou soos ‘n monster deur die res van jou lewe, tensy die Here jou self daarvan genees.
Dis vreesaanjaend om met volwassenes te praat en te besef dat ten minste die helfte van die mense wat jy goed ken, en selfs jou vriende, as kinders deur een of ander misdryf geraak is.
Vandag wil ek vir jou as ‘n persoon wat met kinders werk vra, of jy weet wat JOU verantwoordelikheid is as jy VERMOED dat daar ‘n misdryf teen ‘n kind gepleeg word, of nog erger as jy dit WEET omdat die kind dit self aan jou openbaar gemaak het?
Ons sit eendag by ‘n werkswinkel van “Rapewise”, en daar haal hulle ons uit ons gemakstoel van ‘n blinde-oog-draai. Dis mos baie makliker om die verantwoordelikheid vir die aanmelding van hierdie misdrywe op iemand anders se skouers te laai. Dis nog makliker om die verskoning dat ek nie bewyse het, of dat ek dit net vermoed te gebruik, as om betrokke te raak en dit self aan te meld.
Wel, vir die van julle wat soos ons in ons lekker gemakstoel van verskonings gesit het, het ek vandag baie slegte nuus!!! As jy op ENIGE manier met kinders werk, hetsy onderwyser, jeugleier, Sondagskool personeel ens. is dit jou PLIG om misdrywe teen kinders aan te meld al VERMOED jy dit net. Jy kan in BAIE groot moeilikheid beland as jy dit NIE aanmeld nie en daar later bevind word dat jy vermoed of geweet het en niks daaraan gedoen het nie! Professionele persone soos onderwysers en predikante het al in die tronk daarvoor beland.
Ons sluit die Uittreksel uit die kinderwet wat NG Welsyn Noordwes en Gauteng saamgestel het oor die onderwerp vir julle in. Beveilig jouself asseblief en LEES dit sodat jy kan weet wat jou te doen staan sou jy in so ‘n situasie beland. Ons kinders se veiligheid en welstand is BAIE belangriker as ons lekker gemakstoel!
Volg die skakel hieronder na ons ander #Sleutelgedagtes:
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/07/22/sleutelgedagte-aanmelding-van-misdrywe-teen-ki… […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/07/22/sleutelgedagte-aanmelding-van-misdrywe-teen-ki… […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2017/07/22/sleutelgedagte-aanmelding-van-misdrywe-teen-kinders/ […]
LikeLike