#Sleutelgedagtes: Hoe om “issues” te hanteer

Hoe om issues te hanteer

As ons met kinders werk, is hulle welstand op ALLE vlakke veronderstel om vir ons belangrik te wees, en nie NET geestelik nie. Ons as Kinderkerk, Sondagskool of Jeug Leiers, is baie keer die persoon wat die kind kies om probleme mee te deel, of wat probleme optel as gevolg van onderwerpe wat ons behandel.

Deesdae is die ‘in-ding’ mos om nie betrokke te raak nie, ‘and to turn a blind eye’ wanneer ons van probleme bewus word.

Ek wil vandag twee baie ernstige vrae aan die vra wat hierdie houding het:

  1. Het jy al ooit gedink, dat jy dalk die ENISGTE persoon in hierdie kind se lewe is wat hy/sy genoeg vertrou om hierdie probleem mee te deel?
  2. Gee jy genoeg om, om te HELP?

Ek wil graag DinkJeug se artikel oor hierdie onderwerp met julle deel, want dit lê ons baie na aan die hart. Volg die skakel hieronder na die artikel op hulle Webtuiste:

http://dinkjeug.ngkerk.net/2018/03/29/hantering-van-issues-in-die-kategese-n-paar-gedagtes/

Gespreksnotas saamgestel deur Babs van Wyk en ander in een van die sessies tydens die VBO kursus “Kategese vir ‘n volgende generasie” gehou in Januarie 2018.

Op die platteland of in kleiner gemeentes sal dit meer dikwels nodig wees vir kategete om beradings “issues” te hanteer of aan te spreek, as in die stede.  In stede of groter gemeentes is mense meer geneig om self iemand te gaan soek om hulp,  bv. sielkundiges, ens.  In die kleiner gemeentes en/of platteland is dit dikwels net die predikant/ouderling of die skoolonderwyser of kategeet wat geraadpleeg kan word.

Hier is ‘n paar wenke of gedagtes vanuit ons gesprek hieroor:

  1. Neem kennis van die kinderwet se vereistes rondom persone / leiers wat na minderjariges omsien. Maak seker dat almal in die kerk se diens en alle leiers hieraan voldoen.
  2. Skep ook ‘n gedragskode vir kategete ten opsigte van waar, wanneer en hoe hulle mag alleen gesels met kinders of tieners. Moedig mentorskap aan, maar skep veilige ruimtes daarvoor.
  3. Op die platteland of in kleiner gemeentes is daar soms ‘n gebrek aan privaatheid.  In sulke klein gemeenskappe weet almal net te veel van mekaar.  Vertroulikheid is egter nog steeds nodig, ongeag. Maak seker as die kategete of leiers in die jeugbediening is bewus daarvan dat vertroulikheid belangrik is en dat skinder of selfs net saamgesels oor iemand se probleme groot skade kan aanrig.
  4. Wanneer ‘n kategeet gekonfronteer word met ‘n kind / tiener wat ‘n “issue” of probleem deel met hom / haar, is die eerste stap dat die kategeet die erns van die “issue” of probleem probeer bepaal.  Hou die “issue” enigsins ‘n bedreiging in vir die persoon voor jou? Kan jy dit self hanteer of moet die persoon na iemand kundig verwys word? Maak seker dat alle kategete weet wat hul moet en kan verwys en hoe om dit te doen.
  5. Sorg dat daar ‘n protokol is vir verwysing. Let ook op die vereistes van die kinderwet.  Kategete moet nie, en mag nie, beraders of maatskaplike werkers se rolle probeer vervul nie. Hulle moet weet wanneer hulle kan en moet verwys.  Alle kategete moet ook weet na wie toe hulle moet gaan om watter “issues” te verwys of aan te meld. Is dit die predikant? Maatskaplike werker? Jeugwerker? Elke gemeente behoort ook ‘n netwerk te bou van kundiges waarheen hul kinders of tieners vir verskillende sake kan verwys, indien nodig.
  6. Verder is dit belangrik dat die kategeet empaties reageer. Glo die kind of tiener. Dit is nie die kategeet se verantwoordelikheid om die storie te “toets” nie. Wees teenwoordig, luister simpatiek.  Jy dink dalk iets is onbenullig maar die kind / tiener ervaar die “issue” dalk intens.  Moet dus nie oordeel of kritiseer nie.   Bly onpartydig en gee ondersteuning.
  7. Evalueer die “issues” wat gereeld opduik in die kategese – dit dalk in ‘n grootgroep geleentheid ook aangespreek word deur ‘n kundige, byvoorbeeld om iemand te nooi om te gesels oor boelie gedrag of inligting te gee oor dwelms. Dit kan in die vorm van ‘n inligtingspraatjie wees, ‘n ouertoerusting geleentheid of ‘n getuienis in ‘n diens.
  8. Kategete moet versigtig wees om beloftes van stilswye te maak.  Soms  kan ‘n kind of tiener jou iets meedeel wat eintlik dringend onder die aandag van die polisie of maatskaplike werkers gebring moet word (byvoorbeeld mishandeling, verkragting, dwelmmisbruik) of wat die kategeet net nie die nodige kennis of opleiding het om te hanteer nie (byvoorbeeld depressie, selfsny, eetsteurnisse, ensovoorts.
  9. Wees bewus dat jou eie “issues” deel uitmaak van jou storie en dat jy dit ook moet deurgesels met iemand sodat dit nie “bagasie” raak wat jy met jou saamdra nie. Wees bewus daarvan dat dit jou reaksie en oordeel kan beïnvloed wanneer ‘n kind / tiener iets soortgelyk meedeel.  Moenie in elke gesprek jou eie issues bespreek nie, aangesien die fokus moet bly op die kind / tiener.
  10. Gebed is belangrik sowel as om deurgaans die kind / tiener te ondersteun al is hy / sy verwys na ‘n professionele persoon. Moenie raad gee nie, ondersteun eerder geestelik en emosioneel as ‘n vriend of geestelike mentor.

Lees meer oor die onderwerp by #Sleutelgedagtes: Aanmelding van misdrywe van kinders:

https://algoagemeenskapskerk.com/2017/07/22/sleutelgedagte-aanmelding-van-misdrywe-teen-kinders/

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s