Die verhaal van Jesus se geboorte is een van die mooiste verhale van genade en liefde wat ons vir ons kinders moet leer, maar ook moet leer om hulle eie te maak.
Dis egter oor die Evangelies ‘versprei’ en maak dit moeilik wanneer jy dit vir jou kinders wil lees om nie dele daarvan uit te los nie.
Ons het al die dele van Jesus se geboorte gevat en dit ‘bymekaargesit’ op een plek, om vir jou kinders te lees, of te gebruik waar jy dit ookal nodig het. Die pdf formaat is aan die einde beskikbaar as jy dit wil print om te gebruik. Die gekleurde prente is beskikbaar by: http://christianpreschoolprintables.com/holiday-bible-printables/christmas-bible-printables/christmas-bible-verse-printables/
Die verhaal van Jesus se geboorte word gevind in Mattheus 1:18 -25; Mattheus 2:1-12; Lukas 1: 26-38; Lukas 2:1-20
Die Verhaal van Jesus se geboorte
Die verhaal van Jesus se geboorte begin by ‘n jong meisie met die naam Maria. Maria was ‘n jong meisie wat in Nasaret gebly het. Terwyl sy eendag by haar huisie besig was, staan daar skielik ‘n engel by haar. Maria het baie groot geskrik, maar die engel sê vir haar. Moenie bang wees nie Maria, want ek bring vir jou goeie nuus. Jy gaan swanger word en ‘n Seun in die wêreld bring en jy moet Hom Jesus noem.
Maria was baie verbaas en sê vir die engel dat dit onmoontlik is, want sy het nie ‘n man nie, maar die engel sê vir haar : die Here sal dit laat gebeur en daarom sal die een wat gebore word die Seun van God genoem word.
Maria sê toe vir die engel: laat met my gebeur soos die Here wil. Die engel het toe van Maria af weggegaan.
Keiser Augustus het ‘n bevel uitgevaardig dat almal in sy ryk getel moes word. Almal moes hulle in hulle eie stad laat inskryf. Josef en Maria moes van Nasaret gaan om hulle te laat inskryf. Toe hulle in Betlehem kom, was al die herberge vol, daar was vir hulle geen slaapplek nie. Uiteindelik het hulle slaapplek in ‘n skoon stal gekry. Daardie nag is Maria se baba daar in die stal gebore, sy naam was Jesus. Maria het hom in doeke toegedraai en in die krip neergelê.
In die velde buite Betlehem was herders wat hulle skape opgepas het. Terwyl hulle so bymekaar sit, staan daar skielik ‘n engel by hulle. Hulle het baie groot geskrik, maar die engel sê vir hulle: Moenie bang wees nie, want ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here. En dit is vir julle die teken, julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê. Skielik was daar saam met die engel ‘n menigte engele wat God prys.
Toe het die engele weer weggegaan. Die herders praat met mekaar oor hierdie wonderlike nuus wat hulle gekry het, en besluit om na Betlehem te gaan en te sien wat gebeur het. Daar in die stal het hulle vir Koning Jesus, Josef en Maria gekry. Dit was net soos die engel vir hulle vertel het, en hulle was baie bly gewees.
In ‘n ver land het wyse manne gebly wat die sterre bestudeer het. Eendag sien hulle ‘n vreemde nuwe ster in die hemel. Hulle was baie opgewonde want hierdie ster het beteken dat daar ‘n nuwe koning gebore is. Hulle besluit toe om na hierdie koning te gaan soek.
Die ster wat hulle gesien het, het al voor hulle uitgegaan en toe hulle in Betlehem kom, het die ster gaan staan reg bokant die plek waar Josef, Maria en Jesus was. Die wyses het vir Josef en Maria vertel van die ster wat hulle na Betlehem gelei het en dat hierdie ster wys dat daar ‘n nuwe koning gebore is. Toe het hulle neergekniel en hulle geskenke vir Jesus gegee: goud, wierook en mire.
Sjoe, dit bly maar ‘n mooi verhaal, maar die wonderlikste van alles is dat dit nie die einde van Jesus se verhaal is nie, dis maar net die begin. Jesus het later aan ‘n aaklige kruis gehang vir my en jou sondes, sodat ons nie hel toe hoef te gaan nie. Hy is dood aan die kruis, maar God het Hom na drie dae weer lewendig gemaak, en Hy het na 40 dae teruggegaan hemel toe.
Met Jesus se geboorte en dood, het God vir my en jou ‘n plan en ‘n manier gemaak om eendag by hulle in die hemel te wees, maar dit kan ons NET doen as ons ons harte en ons lewens vir Jesus gee, dis AL wat ons het om vir Jesus te gee, en dis AL wat Hy van ons vra, ons harte en dat ons, ons lewens vir HOM moet leef.
Laai af:
Die Verhaal van Jesus se geboorte
Ons het prente gaan soek wat die hoofdele van die verhaal van Jesus se geboorte mooi uitbeeld om saam met die lees van die verhaal te gebruik. Hier is ‘n hele paar hieronder waarvan julle kan kies. Die eerste twee het geskryf by wat ons na Afrikaans vertaal het. Kyk gerus wat die beste vir jou kinders sal werk. Almal is so mooi dat mens eintlik almal sal wil print.
Die prente kan by die skakels hieronder afgelaai word. Ons het die geskryfde dele na Afrikaans vertaal en kan in Afrikaans by Inkleurprent 1 en 2: Die verhaal van Jesus se geboorte afgelaai word.
Inkleurprente 1 – Die Verhaal van Jesus se geboorte
Inkleurprente 2 – Die Verhaal van Jesus se geboorte
http://thecraftyclassroom.com/christmas-story-coloring-book/?c18312Le
‘n Pragtige klomp prente wat die hoofdele van die verhaal van Jesus se geboorte uitbeeld. Dit kan by die skakel hieronder afgelaai word.
Click to access Christmas_Nativity_Coloring_Pages.pdf
Christmas_Nativity_Coloring_Pages
Hier is so ietsie anders wat by die skakel hieronder afgelaai kan word:
http://www.pinkstripeysocks.com/2014/12/free-christmas-coloring-sheets.html
Die Kersfees-inkleurboek kan gratis by die skakel hieronder afgelaai word.
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees hulpbronne:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/06/die-verhaal-van-jesus-se-geboorte/ […]
LikeLike
[…] https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/06/die-verhaal-van-jesus-se-geboorte/ […]
LikeLike
Baie dankie vir Hierdie lieflike boodksap! Dis baie oulik!
Geseënde kersfees vir julle almal💝
LikeLike