Kersfees: Jesus skattejag

kersfees skattejag - groot

Hierdie is ‘n baie besonderse tyd van die jaar, maar ook ‘n tyd van rondhardloop agter die wêreld se dinge aan. Ons kan maklik ons fokus verloor en die ware betekenis van Kersfees heeltemal mis. Gee hierdie jaar betekenis aan die Kersseisoen vir jou en jou familie, deur te fokus op Jesus Christus en nie op die kersliggies en die geskenke nie.

Ons as ouers het die geleentheid om ons kinders Christelike beginsels te leer tydens die Kersseisoen deur aktiwiteite te kies wat hulle leer verstaan wat die doel van Jesus se geboorte is. ‘n Kersfees skattejag is ‘n pret manier om hulle presies dit te leer.

Begin die Kersfees skattejag deur die lees van die Kersverhaal. Jy kan dit hieronder in pdf formaat aflaai of volg die skakel na die Blogpost oor die Kersverhaal.

Die Verhaal van Jesus se geboorte

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/06/die-verhaal-van-jesus-se-geboorte/

Maak seker jou kinders verstaan die verhouding tussen Jesus se geboorte en  Sy dood. Jesus is in ‘n stal gebore met die uitsluitlike doel om die ‘ultimate’ offer vir die mensedom se sondes te word. Sy perfekte lewe en dood aan die kruis het die sondeskuld betaal vir almal wat Sy gratis geskenk van Verlossing aanvaar. Sy geboorte is so besonders omdat Hy later die ‘ultimate’ offer sou word, en DIS hoekom ons die Goeie Nuus van Kersfees vier!

12

Ons het op twee baie oulike Kersfees “scavenger hunts” afgekom wat so oulik is dat ons dit vir julle na Afrikaans vertaal het. Volg net die skakels hieronder na die webtuistes. Albei fokus op die geboorte van Jesus, maar is nie dieselfde nie. Kyk gerus na albei en kyk watter een die beste vir jou kinders sal werk.

Family Christmas Scavenger Hunt | Free Printable

Nativity Scavenger Hunt

Skattejag 1:

Vir hierdie skattejag lees jy Bybelversies vir jou kinders rondom die geboorte van Jesus en hulle moet dan items in die huis gaan soek wat pas by die leidrade. Daar is geen voorbereiding nodig nie, behalwe vir die print van die leidrade.

Om die avontuur te begin, gryp jou kamera, Bybel en die geprinte lys van die Kersfees skattejag.

Lees die leidrade en die Bybelverse, en soos jy die raaisels ontsyfer merk jy dit op jou lys af. Om so ekstra twist te gee, neem ‘n foto van elke item wat julle vind of laat jou kinders ‘n prentjie van die antwoord teken.

Maak dit ekstra spesiaal vir jou kinders en nooi vriende wat dieselfde waardes as julle het om die skattejag saam met julle te doen. Kyk dan wie is eerste klaar!

Leidrade – Kersfees – Jesus skattejag 1

Skattejag 2:

Vir hierdie skattejag gebruik jy ‘n nativity scene. Dis ‘n goeie idee om ‘n nativity scene saam met jou kinders te maak en op ‘n volgende geleentheid die skattejag met dieselfde nativity scene te doen. Volg die skakel hieronder na ons Blogpost om ‘n eenvoudige nativity scene saam met jou kinders te maak.

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/01/kersfees-nativity-scenes/

Hierdie skattejag het so bietjie meer voorbereiding as die eerste een nodig. Jy pak die nativity scene uit op die plek waar jy die verhaal van Jesus se geboorte vir jou kinders lees. Daarna gaan steek jy die dele van die nativity scene wat jy nodig het in die huis weg. Jy print die skattejag uit en skryf by die leidrade waar in die huis elkeen gevind kan word. Hierdie skattejag werk goed vir jonger kinders.

Leidrade – Kersfees – Jesus skattejag 2

dff

Hierdie eenvoudig aktiwiteite skep die perfekte geleentheid om ‘n gesprek met jou kinders oor ‘n persoonlike verhouding met Jesus Christus aan te knoop en ‘n manier om jou geloof met hulle te deel. Wanneer julle klaar is laat die kinders die Kersverhaal in hulle eie woorde vir julle vertel, of dit uit ‘act’.

Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s