Kersfees: Profetiese Advent Kalender

Kersfees - Profetiese Advent Kalender 3

Ons het die laaste paar weke heelwat hulpbronne beskikbaar gestel om jou te help om jou kinders die regte waardes rondom Kersfees te leer. Meeste van hulle is egter vir die kleiner kinders bedoel.

Vandag het ons ‘n baie besonderse hulpbron vir die groter kinders, asook vir die volwassenes, ‘n profetiese advent kalender. Dis ‘n wonderlike geskenk om vir jou vrywilligers asook vir jou groter kinders te gee.

Wat is ‘n Profesie?

Kom ons begin by die begin. Wat is ‘n profesie en waarom is dit belangrik?

‘n Profesie bestaan uit goddelike geïnspireerde woorde of geskrifte wat ‘n persoon deur ‘n openbaring ontvang van die Heilige Gees. ‘n Profesie mag betrekking hê op die verlede, hede of toekoms. Wanneer ‘n persoon profeteer, spreek of skryf hy dit wat God wil hê hy moet weet, vir sy eie beswil of die beswil van andere.

Wanneer ons die Ou Testament lees, moet ons dit met oop oë doen. As ons alles in konteks lees en met mekaar in verband bring, sien ons die profetiese boodskap van die Ou Testament. Die hele Ou Testament wys inderdaad vooruit na, en profeteer oor Christus Jesus.

Daar is verskillende profesieë in die Bybel. Die meeste handel oor die eerste koms en ook die wederkoms van Jesus Christus aan die einde van die tyd. Dit loop soos ‘n goue draad deur die Bybel vanaf Genesis tot by Openbaring. Baie van die profesieë het al in vervulling gegaan, maar ander wys nog op die toekoms.

(http://www.dieweg.co.za/artikelkategorie/diewegartikel45.html)

Hoe werk die Profetiese Advent Kalender?

Hierdie kalender begin op 1 Desember en eindig op 25 Desember, en daar is twee beskikbaar. Die eerste een is eenvoudig, en die tweede een is bietjie ‘smarter’ en in kleur.

Ons het 25 van die profesieë oor Jesus se geboorte, Sy bediening en Sy kruisiging gevat en dit in ‘n advent kalender omskep. Dit bring jou weer onder die indruk van Wie Jesus is en wat Hy vir ons kom doen het!

Wat profesieë so amazing maak is dat dit ‘n ‘bewys’ vir die ongelowige is van die geldigheid van die Bybel en dat die Bybel regtig waar is en nie net ‘n klomp ‘stories’ wat iemand geskryf het nie. Dit bring die gelowige weer onder die indruk van die groot en amazing God wat ons aanbid! Die teksdele kom uit die 1983 vertaling tensy anders aangedui.

Profetiese Advent Kalender 1

Profetiese Advent Kalender 2

Hierdie profetiese kalender is vanaf die skakel hieronder aangepas en na Afrikaans vertaal:

http://avirtuouswoman.org/christmas-advent-calendar-scripture-cards-print-free/

Ander Advent Kalenders:

Ons het ‘n Blogpost Advent kalenders met ‘n kalender vir Graad R-3 en ‘n kalender vir Graad 4-6. Alles in Afrikaans. Dis by die volgende skakels beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/10/23/kersfees-advent-kalender/

Dan het ons ook op ‘n baie oulike Afrikaanse Advent Kalender tafelmatjie van Somerstrand gemeente afgekom. Dis by die volgende skakel beskikbaar:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/11/14/kersfees-advent-kalender-tafelmatjie/

Volg gerus hierdie skakel na al ons hulbronne rondom die geboorte van Jesus:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kersfees/

 

 

 

 

 

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s