Is jy opsoek na nuwe, vars aktiwiteite vir Sondagskool en Kinderkerk? Kom kyk gerus wat ons beskikbaar het. AL ons materiaal is gratis in Afrikaanse op die Blog beskikbaar – volg net die skakels hieronder na die lesse.
Ons het ook ‘n KLOMP ander materiaal beskikbaar wat jy in die kategorie-afdeling sal vind. Ons gaan so paar Blog post daaroor doen so hou jou “inbox” dop as jy ons e-mails kry, en as jy bang is jy mis dit, volg die Blog saam met ons ander lesers wat al ons nuwe ‘posts’ per e-mail kry.
Ons het ook die skakels na ons Junior en Senior Sondagskool lesse asook die Kinderkerk lesse bygevoeg.
SONDAGSKOOL AKTIWITEITE:
Bybel Speletjies:
Bybel speletjies is ‘n nuwe afdeling wat ons onlangs op die Blog bygevoeg het.Bybel Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het ‘n Bybelse basis en sluit in PowerPoint Speletjies; Speed Dating; Wie’s wie in die Bybel; Would You Rather; Emoji’s; Charades; Minute-to-Win-it; Matching Games; Tic-Tac-Toe ens.
https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/
Bybel Aktiwiteite:
Bybel aktiwiteite kan as ‘n ysbreker gebruik word of as deel van die les om by ‘n antwoord op ‘n vraag uit te kom. Dis ook ‘n lekker manier om die jongklomp te kry om in die Bybel rond te krap. Twee wonderlike hulpbronne onder hierdie afdeling is webtuistes waar jy gratis jou eie blokraaisels of woordsoek aktiwiteite in Afrikaans kan maak. Dit sluit ook Bybelse versteekte prente, Bybel kopkrappers, Bybel “matching” – games en Bybel brainteasers in. Gaan loer gerus daarna, dis beslis een van ons gunstelinge!
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/aktiwiteite/
Jeug Funaande / Familie Funaande:
Ons is regdeur ‘n kwartaal baie ernstig met ons jongmense rondom die Woord besig. Ons gebruik gereeld die eerste of die laaste aand van die kwartaal vir ‘n Jeug Funaand of ‘n Familie Funaand. Party van dit is rondom ‘n Bybel-tema, en party sommer net vir lekker laf wees en ontspan.
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/funaande/
Speletjies:
Ons glo dat ons nie die enigste mense in Jeugbediening is wat gedurig opsoek is na nuwe vars idees nie. Ongelukkig is baie van die goed wat mens op die internet kry dieselfde ou goed oor en oor, en partykeer weet mens net nie meer WAT om in te tik vir nuwe vars idees nie. Kom kyk gerus na die hulpbronne wat ons opgespoor het, miskien motiveer dit jou weer.
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
Junior Sondagskool lesse:
Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Junior lesse is kort en interaktief met baie praktiese aktiwiteite soos speletjies en illustrasies. Junior Sondagskool lesse bestaan uit G1-lesse asook Skolebediening lesse.
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-jnr/
Senior Sondagskool lesse:
Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/sondagskool-lesse-snr/
Kinderkerk lesse:
Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/kinderkerk/
As julle bietjie meer oor ons gemeente wil weet, volg gerus die volgende skakel:
http://kerkbode.christians.co.za/2017/10/27/nuwe-verbeelding-bring-lewe-vir-gemeentes/