Stories: Die hemel se Poskantoor

die hemel se poskantoor - groot

Die hemel se Poskantoor is ‘n pragtige storie wat ons as Christene se gebedsversoeke met ‘n poskantoor vergelyk. Elke afdeling is BAIE besig, behalwe die ‘Dankbaarheids-afdeling’. Hier sit die engel en niks doen, omdat gelowiges nie vir God dankie sê vir beantwoorde gebede en seëning nie.

Tema van die Storie: Gebed en Dankbaarheid

Ons het hierdie storie so rukkie gelede opgevoer as deel van ‘n Kinderdiens oor Dankbaarheid. Jy kan baie kreatief raak met hierdie storie en dit baie effektief as deel van ‘n les gebruik.

Die hemel se Poskantoor

‘n Engel was besig om ‘n nuut gearriveerde Christen ‘n toer van die hemel te gee. Die twee het langs mekaar ingestap by ‘n groot poskantoor gevul met ander engele.

Die Engel het met die Christen gestop by die eerste afdeling: “Hierdie is die ontvangsafdeling. Hier word al die gebedsversoeke aan God ontvang”.

Die Christen het gesien dat hierdie afdeling baie besig. Daar was engele besig om te sorteer deur blaaie en blaaie versoeke van mense regoor die wêreld.

Hulle het verder gestap en by die volgende afdeling gekom. Die Engel het aan die Christen vertel dat dit die Verpakkings en Aflewering afdeling is. “Hierdie is die seeninge van God in antwoord op die gebede en hier word dit verpak en afgesend aan die wat daarvoor gebid het op die aarde.

Die Christen het gesien hoe besig dit daar is. Daar was baie engele wat in daardie vertrek
gewerk het besig om die talryke seeninge van God te verpak om afgelewer te word.

Uiteindelik, in die verste hoek was ‘n kamer en hulle het gestop by daardie afdeling. Tot die Christen se verbasing, was daar net een engel en hy was besig om niks te doen.

“Hierdie kamer is die Dankie sê kamer,” het die Engel die Christen vertel.

“Hoe is dit dat hier niks aangaan nie?” het die Christen gevra.

“Dit is die hartseer ding,” het die Engel geantwoord.

“Nadat mense op die aarde die antwoorde op gebed en seëninge ontvang het waarvoor hulle gevra het, sê baie min van hulle dankie vir God.”

“Hoe wys ons dan ons dankbaarheid?” het die Christen gevra.

“Eenvoudig,” het die Engel geantwoord. “Jy sê net dankie God.”

Laai die storie hieronder in PDF formaat af:

Die hemel se Poskantoor

Volg die skakel hieronder vir ons ander stories:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/stories/

Volg die skakel hieronder vir ons ander gebeds-hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/gebed/

Volg die skakel hieronder vir ons Senior Sondagskool les oor dankbaarheid:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/2017/03/25/jeugles-dankbaarheid/

 

2 comments

  1. Goeie dag. Baie dankie dit is waarlik so mooi deel om te Lees dan besef jy as mens so dikwels ons vergeet om dankie te se…. EK geniet julle stories….Groete Hester.

    Like

Leave a comment