Pinkster: Sondagskool Les 2

sondagskool les 2 - groot

AGTERGROND: Sondagskool lesse bestaan uit lesse vir Juniors en Seniors. Lesse vir die Juniors is vir Graad 4-6 geskryf en vir Seniors vir Graad 7-12. Lesse word in kleingroep-verband binne ‘n grootgroep aangebied. ‘n Fasiliteerder lei die grootgroep met leiers in die kleingroepe. Senior Sondagskool lesse bestaan uit EPIC lesse asook Sondagskool lesse.

Pinkster:

Ons kinders se kennis oor die Heilige Gees sal onvolledig wees as ons hulle nie van Pinkster vertel, wat dit is en wat dit vir ons as God se kinders beteken nie.

Hierdie is ‘n BAIE eenvoudig les wat begin met ‘n ysbreker waar elke kind ‘n ‘groet’ in ‘n ander taal uit ‘n houer trek. Elke kind moet die ‘groet’ dan hardop sê totdat al die kinders met dieselfde taal bymekaar is. Hierdie is ‘n AMAZING ysbreker wat regtig vir die kinders ‘n idee gee van hoe dit op Pinkster moes geklink het toe die Heilige Gees uitgestort is.

Hierna speel die kinders ‘musical boks’. Die hoofdele van die Pinster-verhaal is elkeen in ‘n klein houertjie binne-in ‘n skoenboks gesit. Die kind wat die skoenboks vashou wanneer die musiek ophou haal die volgende houertjie uit en lees die gebeurtenis. Wanneer al die houertjies oop is lees die leier Hand 2:1-4 en die kinders moet die gebeur in volgorde probeer sit.

Hierdie video clip is tydens die les gebruik:

 

Laai die dokumente hieronder in pdf formaat af:

JEUGLES – Pinkster

Pinkster – Ysbreker 1

Pinkster – Ysbreker 2

Volg die skakel hieronder na ons ander Pinkster hulpbronne:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/pinkster/

One comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s