AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Gebedstasies: Ons leer Bid
Ons skop hierdie kwartaal by die Kinderkerk af met ‘n interaktiewe gebedsgeleentheid. Dis vir ons baie belangrik dat ons kinders die waarde en die krag van gebed van ‘n jong ouderdom af leer en daarom is dit belangrik dat ons hierdie geleenthede vir hulle skep. In die aktiwiteite tydens hierdie gebedsgeleenthede stel ons hulle ook bloot aan meer as net die “Liewe Jesus’ gebedjies wat ons kinders gewoonlik bid, en leer ons hulle om uit die hart te bid.
Stasie 1: Bou jou gebed: Sit ‘n paar houertjies met prentjies neer. Gee kinders kans om deur die prentjies te gaan en die prentjies te kies waaroor hulle wil bid. Hulle kan dan die prentjies voor hulle sit en bid oor wat hulle gekies het.
Stasie 2: Dankbaarheid: Sit ‘n lang stuk ongedrukte koerantpapier neer met koukies of gems. Kinders kan nou ‘n tekening maak op die papier oor iets waarvoor hulle dankbaar is en dan daaroor bid.
Stasie 3: Genesings muur: Sit ‘n houer neer met koukies en pleisters. Laat die kinders dink aan iemand wat siek is en elkeen vat dan ‘n pleister en skryf die persoon se naam aan wie hulle gedink het op die pleister. Hulle plak dan die pleister op ‘n stuk papier wat teen die muur opgeplak is en bid vir daardie persoon.
Stasie 4: Bid vir jou kerk: Sit ‘n boks met lego neer. Laat die groepie saam vinnig ‘n kerk bou en dan bid hulle vir ons kerk. (Kan bv bid vir leiers van kerk, mense wat verlore is om terug te kom kerk toe, vir almal wat by kerk werk bv. Sondagskool tannies en ooms, jeug groepleiers ens.)
Stasie 5: Sonde belydenis: Teken ‘n groot kruis op ‘n stuk ongedrukte koerantpapier. Sit ‘n houer neer met swart hartjies en ‘n houer met wit hartjies. Elke kind moet ‘n swart hartjie neem en dan vir Jesus dankie sê dat Hy vir ons sondes gesterf het aan die kruis. Hulle kan nou hulle swart hartjie teen die kruis plak en ‘n wit hartjie huistoe neem.
Laai die dokument hieronder in pdf formaat af:
KINDERKERK LES Gebedsgeleentheid
Kinderkerk gebedsgeleentheid – Uitdeelstuk
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Gebedstasies:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/kinderkerk-gebedstasies/