Sjoe, skinder stories is seker een van die lelikste en gevaarlikste goed wat daar is. Of dit waar is of nie, dit vertroebel altyd ‘n mens se beeld van iemand… en daarom is dit baie belangrik dat ons nie daarby betrokke raak nie.
Tema van die Storie: Die Skinder-Toets
Voordat jy na ‘n skinder storie luister, vra die persoon wat dit aan jou vertel eers of dit Waar, Goed of Nuttig is… dit sal JOU stop om daarna te luister, en hopelik ook die een wat dit wil vertel.
Die Skinder-Toets
Sokrates was berig daarvoor dat hy kennis baie hoog geag het en dat hy ook sy hele lewe spandeer het om kennis en wysheid na te volg en te bestudeer.
Eendag loop ’n kennis die groot filosoof raak en sê, “Weet jy wat ek sopas gehoor het van jou vriend?”
“Wag net so minuut,” sê Sokrates. “Voordat jy my enigiets vertel wil ek hê jy moet eers ’n klein toets slaag. Dit word genoem die Drievoudige Filter Toets.”
“Drievoudige filter?”
“Dis reg,” antwoord Sokrates. “Voordat jy met my praat oor my vriend is dit ’n goeie idee om ’n oomblik te neem en te filtreer wat jy gaan sê. Dis hoekom ek dit die drievoudige filter toets noem.
Die eerste is Waar.
Het jy doodseker gemaak dat dit wat jy my nou gaan vertel die absolute waarheid is?”
“Nee,” sê die man, “Ek het dit ook sopas van ’n ander persoon verneem en ……”
“Reg so,” sê Sokrates. “Dus weet jy nie verseker of dit die waarheid is nie. Kom laat ons nou die tweede filter probeer.
Die filter is Goed.
Dit wat jy my nou wil vertel oor my vriend, is dit iets goeds?”
“Nee,. inteendeel ……”
“Dus,” gaan Sokrates voort, “jy wil my iets sleg vertel van my vriend, maar jy is nie seker of dit die waarheid is nie. Miskien mag jy dalk nog die filter toets slaag want daar is nog een filter oor.
Die laaste filter is Nuttig.
Wat jy my wil vertel oor my vriend gaan dit vir my van enige nut wees?”
“Nee, nie regtig nie ……”
“Wel,” sluit Sokrates af, “indien jy my iets wil vertel wat nie waar of goed of selfs nuttig is nie, hoekom wil jy dit enigsins vertel?”
Voordat ons enige skinder storie oordra laat ons ook die storie eers onderwerp aan die drievoudige filter toets, dan sal ons seker geen skinder stories meer vertel nie.
Laai die storie hieronder in PDF formaat af:
Vind hierdie pragtige storie by die skakel hieronder:
http://inspirasie.blogspot.com/search?q=die+skinder+toets
Volg die skakel hieronder na ons ander stories: