AGTERGROND: Die Kinderkerk lesse word met ons kinders van Graad R-3 op ‘n Sondagoggend tyens die erediens gedoen. Ons kinders gaan na die Praise and Worship uit na die Kinderkerk toe. Die lesse is ongeveer 30 minute lank en is interaktief sodat die kinders speel speel die Bybelse waarhede kan ontdek.
Vrugte van die Gees – LIEFDE
Hierdie is die tweede Kinderkerk Les in die reeks oor die Vrugte van die Gees.
Hierdie is ‘n baie praktiese les wat help om die moeilike begrip van ‘liefde vir jou vyande’ op ‘n eenvoudige manier aan die kleintjies te verduidelik.
Die eerste demonstrasie gebruik marshmallows en suurwurms om die liefde wat ons vir mense om ons het, wat lief is vir ons, aan hulle te verduidelik.
Die tweede demonstrasie gebruik water en ‘n spons om die ‘liefde vir jou vyande’ te demonstreer en dat dit nie moontlik is, tensy die Heilige Gees ons daarmee help nie.
Laai die les hieronder in PDF formaat af:
KINDERKERK LES – Vrugte van die Gees – Liefde
Volg die skakel hieronder na ons ander Kinderkerk Lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-kinderkerk/
Volg die skakel hieronder na ons Sondagskool Lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/