Voordat ons die Vrugte van die Gees reeks met ons kinders gedoen het, het ons hulle tydens ons EPIC eksamen aande (kort aande), aan die verskillende Vrugte voorgestel deur middel van speletjies en illustrasies. Ons deel dit graag met julle:
Daar is ‘n definisie, speletjie en die process by elke vrug – dit sal julle in die aflaaibare dokumente onder aan die post vind.
Liefde:
Speletjie: Elke groep kry ‘n item wat met battery werk. Die battery is egter uitgehaal en die groep leier hou dit by hulle. Die kinders moet die item gebruik waarvoor dit gemaak is bv flits moet hulle aanskakel en dan moet hulle kan sien daar is geen lig nie.
Vreugde:
Speletjie: Twee 2l bottels een met water en een met Sprite. Vreugde kom nie van buite soos dwelms of alkhol te gebruik nie. [gooi smarties en gekleurde water wat alkhol moet voorstel in die een bottel. Gooi in die sprite bottel ENO’s en onmiddelik spuit die koeldrank uit die bottel uit].
Vrede:
Speletjie: Elkeen in groep kry glas met water in wat hulle met ‘n reguit arm vir n ruk so moet hou terwyl daar verduidelik word waaroor dit gaan.
Geduld:
Speletjie: Elke groep kry twee bakkies. Die een is leeg, en die ander een het sout in. Elke groeplid kry ‘n strooitjie. Die leë bakkie is aan die een kant van die vertrek, en die bakkie met sout aan die ander kant. Die speletjie werk soos ‘n aflos, die groeplede hardloop een een, suig sout op met die strooitjie en sit dit in die leë bakkie.
Vriendelikheid:
Illustrasie: Kinders gee vorrbeeld van vriendelikheid, terwyl hulle dit noem word ‘n druppeltjie koekkleursel in ‘n deurskynende bak gegooi.
Goedhartigheid:
Speletjie: Kinders verdeel in pare. Die een word geblinddoek, en die ander een ‘lei’ die een wat geblinddoek is.
Getrouheid:
Speletjie: Blinddoek een van die kinders. Die ander persoon moet deur net met die persoon te praat – nie aan die persoon raak nie – lei om op ‘n stoel te gaan sit.
Nederigheid:
Speletjie: Blaas twee balonne op. Neem ‘n sosatie stokkie en druk dit deur eertse balon. Balon bars. Neem tweede balon wat sagter opgeplaas is en neem sosatie stokkie wat in sunlight liquid gesmeer is druk sosatie van bokant van balon [waar donker gedeelte op balon is] tot onder langs die knoop uit.
Selfbeheersing:
Speletjie: Elkeen in groep kry ‘n halwe karton met albaster. Die span moet die albaster deur middel van die karton gebruik van een punt na laaste persoon in groep oor dra sonder dat die kartonne aan mekaar raak. As albaster val begin jy weer by eerste persoon.
Laai die dokumnet hieronder in PDF formaat af:
1. JEUGLES – Vrugte van die Gees – Liefde, Vreugde en Vrede
2. JEUGLES – Vrugte van die Gees – Geduld, Vriendelikheid en Goedhartigheid
3. JEUGLES – Vrugte van die Gees – Getrouheid, Nederigheid en Selfbeheersing
Volg die skakel hieronder na ons ander Sondagskool lesse oor die Vrugte van die Gees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/vrugte-van-die-gees-sondagskool/