Speletjies: Tetris

tetris

Speletjies kan aktief of rustig van aard wees. Dit het nie ‘n Bybelse basis nie, maar kan as ysbreker voor ‘n les gebruik word om ‘n tema te verduidelik of te illustreer. Dit kan ook sommer net vir die pret gespeel word. Speletjies sluit die volgende in: Crazy Stuff; LEGO uitdagings; Stragtegiese Speletjies; Besige-By-Speletjie; Wat is in jou Naam; Kleur Speletjie; Simon Says…; Charades; Emoji’s; Vinger Twister; Aasjag; Teken Speletjies en nog ‘n hele klomp ander:

Tetris

tetris-game-board

Tetris is ‘n ou bekende videospeletjie wat nou ook met papier gespeel kan word. Elke speler kry ‘n blaai met net ‘n klomp blokke op en ‘n nie-deursigtige sakkie met al die stukke in. Almal wat saam speel kry ‘n beurt om ‘n stuk uit die sakkie te trek en op die blokkies te plaas. Die stukke moet van onder af geplaas word, jy kan dit nie ’rond en bont’ opsit nie, jy kan egter jou eie reëls vir die speletjie maak. Die persoon wat op die einde die minste oop blokkies het wen die rondte.

Hierdie speletjie kan weereens vir ‘n klomp geestelike temas as ysbreker gebruik word bv. God se plan vir jou lewe. Jy weet nie waar en hoe die ‘stukke’ inmekaarpas nie, maar Hy weet, en jy moet Hom daarvoor vertrou. Raak lekker kreatief met hierdie speletjie die kinders is MAL daaroor en klein en groot kan dit speel.

Die voorbeeld hierbo is die mooiste weergawe wat ons kon opspoor, jy kan dit gratis by die skakel hieronder aflaai:

http://onemamasdailydrama.com/tetris-printable-game-board-pieces/

Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Speletjies:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-speletjies/

Volg die skakel hieronder na ons Bybel Aktiwiteite:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/bybel-aktiwiteite/

 

 

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s