Een van die grootste uitdagings by Jeug is om jou kinders reg te ‘lees’ en vir hulle spesifieke behoeftes voorsiening te maak wanneer dit kom by ysbrekers en speletjies.
Ons jeug het deur ‘n stadium gegaan waar hulle net aktiewe speletjies wou speel, rondhardoop en die bal skop. Soos ons kinders ouer begin word het, het die dinamiek van die groep begin verander, en sukkel ons om hulle daaraan te laat deelneem, maar haal nou ‘n hidden picture, emoji of brain teasers uit en ons het dadelik hulle volle aandag.
Julle sal dus baie van hierdie tipe speletjies op die Blog sien, want dis wat tans vir ons groep werk. Die gevaar is egter om in ‘n rat vasgevang te word en nie te besef jou groep het verander, maar jy het agtergebly nie!
Brain Teasers:
Brain teasers kom in verskillende moeilikheidsgrade voor en jy moet maar deur dit sif om te sien wat jou kinders sal kan doen en of dit hulle ‘ding’ is.
Die geheim van brainteaser is WAAR die woord geskryf staan en HOE die woord geskryf is bv. bo, onder, bold, dof, groot of klein.
Ongelukkig is die gewone brain teasers almal in Engels, want ons het nog nie die moed bymekaar geskraap om ons eie Afrikaanse stel te ontwerp nie.
Die goeie nuus is egter dat ons wel ons eie Afrikaanse Bybel Brainteasers ontwerp het, volg die skakel hieronder:
https://algoagemeenskapskerk.com/2017/05/25/hulpbronne-brainteasers/
Hier is ‘n lekker verskeidenheid redelik maklike brain teasers wat as ysbreker of speletjie kan gebruik. Ek voeg ook my Brain Teaser Pinterest Bord in as jy opsoek is na meer.
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjies:
https://algoagemeenskapskerk.wordpress.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/26/speletjies-brain-teasers/ […]
LikeLike