Terug Skool Toe: Hulpbronne vir Onderwysers

Vector illustration. Light Lines. Transition gradient. Abstract background. EPS10

Hierdie Blogpost is buite die gewone onderwerpe waaroor ons gewoonlik skryf, maar ons het ‘n op ‘n paar baie oulike hulpbronne afgekom wat ons graag met onderwysers wil deel.

COVID 19:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/covid-19/

Ons het op ‘n hele klomp oulike gratis Afrikaanse COVID hulpbronne afgekom wat ons graag met julle wil deel. Volg die skakel hierbo na die COVID 19 hulpbronne.

Saalopening:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/saalopening/

Ons hoef julle nie te vertel watter stres saalopening veroorsaak, en dat daar nie klaar uitgewerkte saalopening boodskappe beskikbaar is nie. Wel, vir die van julle wat nog nie ons Blog besoek het nie, sal die stres hopelik iets van die verlede wees. Gaan loer gerus by die skakel hierbo na die saalopening boodskappe wat ons reeds beskikbaar het.

Personeelkamer Opening:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

Ons het geweldig baie versoeke vir personeelkamer opening boodskappe gekry, en aan die werk gespring en materiaal bymekaar begin maak. Ons het nog baie wat gepost moet word, maar daar is alreeds ‘n lekker versameling op die Blog. Gaan loer gerus by die skakel hierbo.

Stories:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/stories/

Indien jy ‘n saalopening oor ‘n onderwerp moet doen wat ons nie beskikbaar het nie, mag die storie kategorie op die Blog jou dalk help. Gaan loer by die skakel hierbo. Ons wil ook ‘n lys van 30 webtuistes met julle deel waar julle gratis stories (ongelukkig in Engels) kan kry. Daar is ‘n groot verskeidenheid stories, beslis iets vir elke tema.

Laai die lys hieronder in PDF formaat af:

STORIES

Woordsoek en Blokraaisels

https://worksheets.theteacherscorner.net/make-your-own/word-search/

https://worksheets.theteacherscorner.net/make-your-own/crossword/

https://www.education.com/worksheet-generator/reading/crossword-puzzle/

https://www.puzzle-maker.com/wordsearch_Entry.cgi

http://puzzlemaker.discoveryeducation.com/

Is jy moeg daarvoor om altyd met Engelse hulpbronne tevrede te wees? Wel, hier is vir jou die oplossing. Hierbo is die skakels na vyf webtuistes waar jy jou eie woordsoek en blokraaisels in die taal van jou keuse kan maak.

Dot-to-Dot

https://www.animaldottodots.com/other.php

Ons het onlangs op hierdie oulike webtuiste hierbo afgekom. Hier kan jy dot-to-dot prente aflaai waar die kinders in bv. 5,6,7, ens. moet kan tel – dit word ‘skip-counting’ genoem. Dis regtig ‘n baie oulike hulpbron vir die kleiner kinders. Daar is ook webtuistes met baie ingewikkelde dot-to-dot prente wat ‘n lekker uitdaging vir groter kinders sal wees. Volg die skakels hieronder na die meer ingewikkeldes.

https://coloringhome.com/search?q=dot%20to%20dot

http://clipart-library.com/difficult-dot-to-dot-printables.html?fbclid=IwAR0MRNbJtLRN-RvrBJmYlTYYiDeM9jwyWdNe8nmf1eZ7LL2w2UsCcUtyQzI

Algemene Hulpbronne

Dan wil ek graag iets met julle deel wat ekself gedoen het terwyl ek onderwys gegee het. Ek het ‘n boks voor in my klas gehad waarin ek ‘n klomp ‘besighou aktiwiteite’ in gehad het. Daar was ‘n lekker verskeidenheid van rebuses, hidden pictures, brainteasers ens.

Wanneer ‘n kind se werk voltooi was, kon hy of sy vir hulle ‘n aktiwiteit uit die boks kies en hulleself daarmee besig hou. Op hierdie manier was die klas altyd rustig en stil gewees. Dis ook ‘n heerlike manier om kinders besig te hou net voor die skole sluit en daar nie meer werk is om te doen nie.

Ek het vir Graad 10-12 onderwys gegee en dit was die hoogtepunt van ‘n periode, wanneer hulle klaar was ek hulle iets uit die boks kon kies. Ons het soms ook ‘kompetisies’ gehou en gekyk watter groep ‘n aktiwiteit byvoorbeeld eerste kon klaarkry. Dis ook ‘n wonderlike manier om spanwerk en groepwerk aan te moedig.

Gaan loer gerus by die skakels hieronder na die verskillende aktiwiteite wat jy in so ‘n boks kan gebruik:

https://algoagemeenskapskerk.com/2020/04/05/speletjies-hidden-words/

https://algoagemeenskapskerk.com/2020/04/04/speletjies-rebuses/

https://algoagemeenskapskerk.com/2020/04/03/speletjies-geheime-kodes/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/09/26/speletjies-brain-teasers/

https://algoagemeenskapskerk.com/2018/07/03/speletjies-crazy-stuff/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s