Ons eerste week van lockdown is verby, almal wat by die huis is het lekker gerus en baie van die goed gedoen wat jy nooit voor tyd kry nie. Nou staan ons in die oggend op en wonder, hoe gaan ek hierdie dag omkry, en as jy kinders in die huis het kan dit nog ‘n groter kopseer wees.
Ons wil graag met julle ‘n klomp idees deel wat maklik is om te doen en wat kinders baie geniet!
Geheime kodes
Hierdie is iets waaraan ‘n mens nie eintlik dink nie, maar wat soveel pret kan wees. Pa en ma kan byvoorbeeld vir die kinders opdragte of werkies in geheime kodes skryf. Dit sal sommer ook die koppe aan die gang hou. Jy kan of vir hulle vertel hoe die kode werk, of hulle moet dit self ‘uitfigure’.
Julle as gesin kan ook vir mekaar briefies in geheime kodes skryf wat julle dan op ‘n sekere tyd van die dag vir mekaar gee en dan saam moet ontsyfer.
Nog ‘n idee rondom geheime kodes is dat julle kreatief kan raak, en elkeen sy eie kode kan uitwerk. Die moontlikhede wat jy hiermee kan doen is eindeloos.
Hier is so paar voorbeelde wat dalk mag help:
Ons het op ‘n paar baie oulike webtuistes afgekom met die oulikste geheime kode idees. Gaan loer gerus by die skakels hieronder:
https://www.melissaanddoug.com/blogpost?postId=6-secret-codes-for-kids
https://www.wikihow.com/Create-Secret-Codes-and-Ciphers
Secret Codes for Kids: Ciphers to try at home or in the classroom
Volg die skakel hieronder na ons ander speletjie idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2020/04/03/speletjies-geheime-kodes/ […]
LikeLike