Personeelkamer Opening: 12. Paasfees

12. groot

In hierdie twaalfde Personeelkamer Opening het ons vir julle ‘n spesiale bederf! Ons het nie net een Personeelkamer opening oor Paasfees nie, maar ses. Ons het regtig probeer om in elkeen se behoefte te voorsien en ‘n verskeidenheid Paasfees boodskappe bymekaargemaak om met julle te deel.

Paasfees

Paasfees 1:

Ons eerste Paasfees Personeelkamer Opening kyk na die Tuin van Eden en hoe volmaak en goed God alles gemaak het, maar dat die mens alles met die sondeval kom vernietig het. As reddingsplan vir ‘n verlore mensdom het God weer in ‘n tuin, hierdie keer die Tuin van Getsemane redding vir die verlore mensdom gebring. God het Sy Seun aarde toe gestuur om dit wat die mens in die eerste tuin weggegee het vir Hom terug te gee, as hy dit sou kies!

Paasfees 2:

Dit Is Paasfees!

Die tweede Paasfees Personeelkamer Opening is deur Dirkie van der Spuy vir die Joy digital magazinge geskryf. Hy skryf op ‘n pragtige eenvoudig manier wat Paasfees is en hoekom dit belangrik is.

Paasfees 3:

http://www.ngkmp.co.za/paasfees/

https://www.netwerk24.com/ZA/Paarl-Post/Ontspan/hoekom-vier-ons-paasfees-20160316-2

Hierdie pragtige beskrywing van hoekom ons Paasfees vier is op twee verskillende webtuistes gevind, so ons is nie seker wie dit geskryf het nie. Dis egter regtig iets besonders wat Paasfees verduidelik waar dit begin het, amper 4 000 jaar gelede in Egipte.

Paasfees 4:

https://clf.co.za/die-fees-van-paasfees/

Die fokus van hierdie Personeelkamer Opening is die viering van Christus se kruis en opstanding. Dit beskryf al die belangrike punte van Paasfees, maar het ‘n heel ander invalshoek as die ander. Dit sluit af met ‘n pragtige praktiese deurtrek van Paasfees na ons alledaagse lewens.

Paasfees 5:

http://www.dieweg.co.za/boodskappe/dieweg2015boodskap2164.html

Die naam van hierdie Paasfees boodskap is so mooi: Die heerlike boodskap van Paasfees. Dit kyk na vier redes hoekom Paasfees vir elke kind van God belangrik moet wees.

Paasfees 6:

Hierdie Paasfees boodskap is die pragtige storie van die Lappiessmous. Die Lappiessmous is net ‘n storie, maar die verhaal van Jesus Christus is waar en het betekenis vir elkeen van ons.

Laai die Personeelkamer Opening hieronder in PDF formaat af:

12. PERSONEELKAMER OPENING – Paasfees 1

12. PERSONEELKAMER OPENING – Paasfees 2

12. PERSONEELKAMER OPENING – Paasfees 3

12. PERSONEELKAMER OPENING – Paasfees 4

12. PERSONEELKAMER OPENING – Paasfees 5

12. PERSONEELKAMER OPENING – Paasfees 6

Volg die skakel hieronder na ons ander Personeelkamer Opening idees:

https://algoagemeenskapskerk.com/category/personeelkamer-opening/

 

 

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s