Wat vir ‘n ding is ‘n rebuses het ek gevra! En die antwoord is heel eenvoudig. Dis ‘n woord puzzel wat uit prentjies bestaan. Ek weet…. dit klink glad nie eenvoudig nie, totdat jy dit ‘uitgefigure’ het, dan wil jy nie ophou nie, GLO my!
Rebuses
Daar is heelwat rebuses op die internet beskikbaar, maar ons wil spesifiek hierdie webtuiste s’n met julle deel. Op hierdie webtuiste is al die rebuses met hulle antwoorde gratis beskikbaar.
Indien jy nie ‘n printer het nie, kan jy dit op jou rekenaar aflaai, en sommer van daar af speel. Indien jy nie ‘n rekenaar het nie, kan jy dit sommer op jou selfoon of tablet speel. Dis ‘n heerlike speletjie waaraan die hele gesin kan deelneem, selfs die jonger kinders kan met bietjie hulp van pa en ma saamspeel.
Hieronder is ‘n voorbeeld van ‘n rebuses
Volg die skakel hieronder na die webtuiste waar jy dit gratis kan aflaai.
http://thepuzzleden.blogspot.com/p/rebuses.html
Volg die skakel hieronder na ons ander Speletjie idees:
https://algoagemeenskapskerk.com/category/speletjies/
[…] https://algoagemeenskapskerk.com/2020/04/04/speletjies-rebuses/ […]
LikeLike