Ons kinder- en jeugbedienings lyk tans baie anders as waaraan ons gewoond is. Ouers het ‘n groter verantwoordelikheid in hierdie tyd gekry om hulle kinders geestelik toe te rus as waaraan hulle gewoond is.
Op Facebook is daar verskeie mense wat boodskappe vir kinders opneem, maar daar is tog ook ‘n behoefte aan meer as net ‘n boodskap op ‘n foon.
Oral waar ons ons “kerk-kinders” raakloop, is daar ‘n behoefte aan ‘human-contact’. Baie kinders is moeg na mense op skerms gekyk, en soek ‘n persoonlike ‘konneksie’ met iemand.
Dis nou tyd vir ouers om hulle rol as geestelike leiers in hulle huise op te neem en hulle kinders geestelik toe te rus, iets wat in baie gevalle die kerk se verantwoordelikheid geword het. Ouers moet begin om die behoefte aan ‘human contact’ by hulle kinders aanspreek, en watter beter plek as saam om God se Woord?
Ons het die laaste paar weke baie met die Here gestoei oor wat HY van ONS in hierdie tyd wil hê. Hoe ons relevant kan bly in hierdie tyd waarin alles wat ons geken het verander het.
Die antwoord wat ons by die Here gekry het is dat daar genoeg video’s is, en dat ons moet aangaan met ons lesse soos gewoonlik. Dat ons ‘solid’ materiaal moet verskaf, wat ons van Hom afgebid het, waarmee ouers hulle kinders self kan toerus. Ouers en kinders het nodig om SAAM rondom God se Woord te sit, daaroor te gesels en saam te bid!
So op hierdie stadium (so tussen die kospakkies deur), gaan ons aangaan met ons lesse soos die Here dit vir ons gee. Dit sal dan ‘n ‘tool’ vir ouers wees om tydens huisgodsdiens met hulle kinders te gebruik.
Kom ons bid vir ons ouers dat hulle sal ‘step up’ en hierdie rol sal begin vervul. Huisgodsdiens is vir baie ouers ‘n vreemde woord, omdat die geestelike ‘opvoeding’ van hulle kinders tot nou toe die kerk se ‘werk’ was.
Kom ons bid vir ‘n geestelike ontwaking by ons OUERS wat dan sal deurspoel na ons KINDERS toe!
Volg die skakel hieronder na ons ander Sleutelgedagtes: