Kersfees is ‘n Jesusfees is ‘n gids wat gesinne help om betekenisvol saam fees te vier.
Hierdie boek is geskryf met die hoop dat ‘n nuwe tradisie van betekenisvolle Kersfees rituele in gesinne sal posvat – saamdoen-dinge wat die volgende geslag kinders ook in die kerstyd sal laat vra: gaan ons weer soos altyd elke aand saam die huis versier en oor Jesus praat?
Hierdie unieke en interaktiewe boek met sy 14 lesse is geskik vir gesinne, uitgebreide families wat saam vakansie hou, of vriende en omgeegroepe wat dit saam wil aanpak. Dit kan selfs suksesvol benut word as deel van ‘n vakansieprogram vir die kinders van die buurt of kerk. Hoewel die belangrikste elemente die saamgesels, bid en sing is, sal die handaktiwiteite baie waardevol wees om die boodskap te herhaal, en boonop die jongspan heeldag besig hou!
Bonus:
CD met nuwe liedjies saam met ou bekende kersliedere om die stemming te skep. Die CD bevat ook instruksies met fotos wat verduidelik hoe om die handaktiwiteite te doen.
Hierdie gids wat die CD met liedjies en instruksies insluit is sleg R100.
Volg die skakel hieronder na ‘n voorbeeld les:
Click to access Kersfees%20is%20’n%20Jesusfees%20voorbeeldles.compressed.pdf
Volg die skakel hieronder na die webtuiste waar jy dit kan bestel:
https://www.kidsxpress.org/index.php/af/joomlaorg/tuisgebruik-in-gesinne
Volg die skakel hieronder na ons ander Kersfees hulpbronne: