Ons deel graag ons Kersfees poppekas van ‘n paar jaar gelede met julle. Ons het dit as ons kerssangdiens gebruik. Dis redelik lank en dalk bietjie ‘compilcated’, maar dit was ‘n absolute treffer gewees, jy kan dit natuurlik vereenvoudig soos dit by jou behoeftes pas.
POPPEKAS KAPPERJOLLE: Kersfees
Inleiding: Tydens die inleiding begin ouma om ‘n onthou kwilt te maak om die kinders te herinner aan God se storie.
Eerste bedryf: In die eerste bedryf vertel ouma en oupa, op ‘n baie kreatiewe manier , vir Lolla en Neelsie van die skepping.
Tweede bedryf: Ouma en Oupa vertel vir die kinders van die sondeval, en die regverdig God wat ons aanbid.
Derde bedryf: In hierdie bedryf vertel ouma en oupa van Jesus se geboorte, terwyl die kinders van die gemeente dit opvoer soos hulle dit lees.
Vierde bedryf: Jesus se kruisiging, en wat dit vir elkeen van ons beteken word in die vierde bedryf aan die kinders verduidelik, deur middel van ‘n stuk papier wat geskeur word.
Vyfde bedryf: In hierdie bedryf vertel ouma en oupa op ‘n baie eenvoudige manier vir die kinders van Jesus se opstanding.
Sesde bedryf: Hierdie bedryf is soort van ‘n opsomming van die hele verhaal, met die vraag: Wat beteken God se plan vir my?
Laai die poppekas hieronder in WORD formaat af
Dit is hoe die kwilt lyk wat tydens die poppekas ‘gemaak’ is. Dit hang tans teen ‘n muur in die kerk.
Volg die skakel hieronder na ons ander poppekas stories: